TuisSkakelsSluit aan
Langdienserkennings
 

ERKENNING VAN VORIGE DIENS VIR SALARISDOELEINDES

RAVO Resolusie  4 van 2003 (3.2)
RAVO Resolusie 5 van 2003

1.      Tipe Ondervinding:                                          (Res 5/2003)

(a)       Werklike onderwysondervinding:

Die ondervinding behels werklike ondervinding wat ’n opvoeder opgedoen het in ’n onderwyspos binne en buite die openbare onderwyssektor.

(b)       Toepaslike ondervinding:

Die ondervinding verwys na werkservaring wat volgens die oordeel van die wergewer die kandidaat direk en toepaslik ontwikkel het vir ’n onderwyspos.

2.      Die omvang van erkenning:

            (a)       Werklike onderwysondervinding – volle erkenning.
            (b)       Toepaslike ondervinding – volle erkenning.

Pos- en Salarisstruktuur vir Opvoeders:                  (Res 4/2003 - 3.2.)

Die aanvangsalaris van ‘n nuwe toetreder is die minimum kerf van die toepaslike salarisskaal op voorwaarde dat die volgende erkenning vir werklike onderwys- of ander toepaslike ondervinding toegeken word:

Ondervinding voor 1 Julie 1996:

Die salarisposisie wat van toepassing sou wees op die persoon voor 1 Julie 1996 as gevolg van ondervinding wat hy/sy voor 1 Julie 1996 opgedoen het, moet bepaal word.  Alle verdere aanpassings, sowel as omskakelings wat plaasgevind het op 1 Julie 1996 en 1 April 2003, moet in ag geneem word om die toepaslike kerf te bepaal waarop die persoon aangestel moet word.

Ondervinding tussen 1 Julie 1996 en 31 Maart 2003:

Geen erkenning word toegeken vir onderwysondervinding opgedoen gedurende hierdie tydperk.

Ondervinding op of na 1 April 2003:

‘n Kerf word toegeken vir elke jaar toepaslike diens.