|
SKOOLBEHEERLIGGAAMAANSTELLINGS
WERKGEWER
Die Beheerliggaam van die betrokke skool is die werkgewer.
DIE ONDERLINGE WERKGEWER-WERKNEMERVERHOUDING :-
- Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge reguleer die verhouding tussen die werknemer en die werkgewer.
- Die dienskontrak vorm die basis van die werkgewer-werknemerverhouding
Dit is noodsaaklik om te besef dat die diensverhouding en die dienskontrak nie gebaseer is op ‘n gelyke magsbasis nie – die werkgewer is in ‘n sterker posisie om te beding. Die werkgewer moet finansiële en ander hulpbronne in ag neem en dikteer dus grootliks die bepalings soos vervat in die dienskontrak.
DIENSKONTRAK ‘n Voorvereiste vir die sluiting van ‘n dienskontrak is wilsooreenstemming tussen beide partye. Dit is dus ’n vrywillige ooreenkoms tussen twee partye, waar die een party ( die werknemer) sy/haar arbeidspotensiaal tot die beskikking en beheer stel van die ander party (die werkgewer) in ruil vir vergoeding deur die werkgewer.
- Alhoewel die Wet op Indiensneming van Opvoeders slegs van toepassing is op opvoeders in diens van die staat, behoort die bepalings soos omskryf in die Wet met betrekking tot die diensvoorwaardes, diensvoordele, posbeskrywing en pligstaat van die werknemer tydens die sluiting van ‘n dienskontrak met die opvoeder in ag geneem te word.
Die bepalings en diensvoorwaardes , soos ooreengekom tussen deur die werkgewer en werknemer, kan nie eensydig deur een party gewysig word nie.
DIENSKONTRAK : BEPALINGS EN DIENSVOORWAARDES
MINIMUM DIENSVOORDELE
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes stel die minimum diensvoorwaardes en –voordele waaraan die werkgewer moet voldoen, om sodoende alle werknemrs te beskerm. Die werkgewer is verplig om aan die volgende vereistes van die Wet te voldoen:-
- WERKLOOSHEIDSVERSEKERINGFONDS (WVF)
Die werkgewer (BL) sowel as die werknemer (opvoeder) is verplig om elk 1% van die vergoeding van die opvoeder tot die fonds by te dra. Die verpligting rus op die werkgewer om die totale bedrag van die bydrae (2% van die salaris van die opvoeder) aan die WVF te betaal.
2.1. SIEKTEVERLOF
- ‘n Siekteverlofsiklus is ‘n tydperk van 36 maande by dieselfde werkgewer. Gedurende elke siekteverlofsiklus is ‘n werknemer geregtig op 6 weke betaalde siekverlof.
- Gedurende die eerste 6 maande is ‘n werknemer geregtig op 1 dag siekteverlof vir elke 26 dae gewerk.
- Dienskontrakte vir beheerliggaamaanstellings word normaalweg jaarliks onderhandel. In die praktyk impliseer dit 10 dae siekteverlof per jaar.
- Die werkgewer is nie verplig om ’n werknemer te betaal indien die werknemer:
- meer as twee opeenvolgende dae afwesig is; of
- meer as twee keer in ‘n agt weke periode afwesig van werk is
en nie ‘n mediese sertifikaat indien as bewys dat die werknemer nie geskik was om te werk nie.
2.2. KRAAMVERLOF
‘n Werknemer is geregtig op minstens vier aaneenlopende maande kraamverlof. Neem kennis dat die WBDV slegs voorsiening maak vir kraamvoordele (vergoeding) soos bepaal deur die Werkloosheidsversekeringwet. Die Wet op Arbeidsverhoudinge ag dit as outomatiese onbillike ontslag indien ’n swanger werknemer ontslaan word as gevolg van
- haar swangerskap
- haar beoogde swangerskap
- enige rede verwant aan haar swangerskap.
2.3 GESINSVERANTWOORDELIKHEIDSVERLOF
Die WBDV bepaal dat ‘n werknemer geregtig is op drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof per jaar teen volle betaling . ‘n Werknemer is geregtig om hierdie verlof te neem, tydens:
- die geboorte, siekte of afsterwe van ’n kind; en
- die afsterwe van ‘n gade of lewensmaat, ouer of ander direkte familielede.
|
Die werknemer moet - waar haalbaar - met die werkgewer onderhandel vir diensvoordele in ooreenstemming met die voordele van opvoeders in diens van die staat soos vervat in die Wet op Indiensneming van Opvoeders . Die werknemer moet egter besef dat onderhandeling binne ‘n beperkte raamwerk plaasvind en verwagtinge moet realisties wees.
1. VERLOF (skoolvakansies uitgesluit) Onderhandel vir ooreenstemmende verlofmaatreëls soos van toepassing vir departementele aanstellings. Verwys spesifiek na :
- Gesinsverantwoordelikheidsverlof (daar is wesenlike verskille in die bepalings);
- spesiale verlof vir dringende privaatsake; asook
- bevallingsverlof teen volle betaling.(BL betaal salaris minus WVFbetaling)
Die werknemer (opvoeder) moet hom/haar vergewis van die salariskerf. Indien die werkgewer bereid is om ‘n salaris ooreenstemmend met die van die onderwysdepartement te betaal, rus die onus op die werknemer om bewyse te kan verskaf ter vasstelling van die salariskerf. Beheerliggame is in die algemeen bereid om salarisse (ander monetere vergoeding uitgesluit) ooreenstemmend met die van die onderwysdepartement te betaal.
- VERGOEDING ADDISIONEEL TOT DIE OOREENGEKOME MAANDELIKSE SALARIS
- Onderhandel (waar haalbaar) vir individuele voordele bv diensbonus, en toelaes vir pensioen, medies en behuising.
BEëINDIGING VAN DIE DIENSKONTRAK Die kontrak word outomaties beëindig sodra die ooreengekome tydperk verstryk. Neem kennis dat hierdie soort kontrak uitdruklik of stilswyend hernu kan word.
Indien die werkgewer nie die vaste-termyn kontrak hernu nie en die werknemer ‘n ‘redelike’ verwagting gekoester het dat die kontrak hernu sal word, rus die bewyslas op die werknemer om te bewys dat die verwagting van ‘n verlengde kontrak redelik was. Die werkgewer moes die indruk geskep het dat sodanige verwagting geregverdig is. Hoe meer keer die kontrak hernu is, hoe groter is die gewig wat geheg sal word aan die ‘redelike’ verwagting.
DIENSSERTIFIKAAT (noodsaaklik vir erkenning van ervaring by toetrede of hertoetrede tot openbare onderwys)
Die WBDV bepaal dat ‘n werknemer na diensbeëindiging geregtig is op ‘n dienssertifikaat wat verskeie diensbesonderhede aantoon. Die toon onder andere die naam van die werknemer, die naam van die werkgewer, die datum van diensaanvaarding en diensbeëindiging, die werknemer se posbenaming en die werknemer se vergoeding op datum van diensbeëindiging. Op versoek van die werknemer kan die rede vir diensbeëindiging ook gemeld word.
ERKENNING VAN ERVARING
- WERKLIKE ONDERWYS ONDERVINDING:
Die ondervinding behels werklike ondervinding wat ’n opvoeder opgedoen het in ’n onderwys pos binne en buite die openbare onderwyssektor.
Die ondervinding verwys na werkservaring wat volgens die oordeel van die wergewer die kandidaat direk en toepaslik ontwikkel het vir ’n onderwyspos.
- DIE OMVANG VAN ERKENNING:
(a) Werklike onderwys ondervinding – volle erkenning. (b) Toepaslike ondervinding – volle erkenning.
|
|