TuisSkakelsSluit aan
Die WP 1002 en sterfte in diens
 

DIE WP 1002 EN AFSTERWE:  LID / PENSIOENARIS


Definisie van afhanklike:   ‘n Kind onder die ouderdom van 18 jaar, of ‘n kind wat studeer (slegs tot die ouderdom van 22 jaar) of ‘n gestremde kind (lewenslank)


Doel van WP 1002 na opvoeder se aftrede:

  • Sou ‘n opvoeder binne 5 jaar na aftrede tot sterwe kom, sal ‘n gedeelte van die pensioenwaarde  op ‘n glyskaal uitbetaal word aan die begunstigde soos genoem op die WP 1002  Die begunstigde hoef nie noodwendig ‘n gade te wees nie.

Doel van WP 1002 sou opvoeder in diens sterf:

  • Om verdeling van pensioengratifikasie te bepaal
  • Om voorsiening te maak vir afhanklikes

Belangrike apekte om in ag te neem by die voltooiing van die WP 1002:

  • Alle afhanklikes MOET ‘n toewysing kry
  • Toewysings hoef nie noodwendig na die gade te gaan nie.
  • Toewysings MOET altyd aangepas word soos omstandighede verander, bv

= status verander ( tree in die huwelik, egskeiding, kinders ouer as 18 jr, of nie meer student nie

  • Indien daar ‘n diensonderbreking is en ‘n opvoeder word weer aangestel, word ‘n nuwe pensioennommer geskep EN DAN moet u weer ‘n nuwe WP 1002 invul op die nuwe pensioennommer

Wanneer kan GEPF die WP 1002 ter syde stel?

  • Wanneer die status verander het en daar  nie ‘n aangepaste WP 1002 ingedien is nie.
  • Wanneer daar geld verskuldig is aan ‘n derde party
  • Wanneer die afhanklikes NIE benoem is nie. ( legal dependents)
  • Indien ‘n opvoeder beswaar wil maak teen die tersydestelling van sy/haar WP 1002 kan hulle  versoek dat die GEPF die regsmotivering  vir die tersydestelling skriftelik aan hulle gee.

Wat gebeur as ‘‘n opvoeder sterf sonder enige WP 1002 op lêer?

  • Indien ‘n opvoeder enkellopend was, sal die voordele in die boedel betaal word.
  • Sou ‘n enkellopende opvoeder bygedra het tot die onderhoud van ‘n familielid, bv. ouer, broer, suster, ens. kan sulke individue ‘n eis instel vir ‘n deel van die voordele
  • Indien ‘n opvoeder getroud was, sal die voordele betaal word aan alle moontlike begunstigdes ( dit sluit in meerderjarige kinders)

‘n Opvoeder kan twee  WP 1002 vorms ingee (op dieselfde datum en duidelik gemerk as KEUSE 1 en KEUSE 2)  Dit sal gedoen word om ‘n keuse te maak sou beide die ouers gelyktydig te sterwe kom)
Dit word geadviseer dat die WP 1002 by ‘n polisiestasie gewaarmerk word.

ANDER PENSIOENSAKE WAT BELANGRIK IS OM TE WEET

  • Indien ‘n opvoeder verskeie kontrakperiodes in diens was, moet die opvoeder aansoek doen vir die uitbetaling van die voordele na 4 kalendermaande verstryk het.
  • Verskeie kontrakperiodes met meer as vier maande onderbreking, SAL NIE as aaneenlopende diens beskou word nie.
  • Indien ‘n kontrakperiode nie geëis is na vier maande nie en so ‘n opvoeder sterf in diens, word die voordele in die “estate late” bankrekening betaal. (‘n bankrekening wat deur die boedelberedders geopen word)
  • In geval van egskeiding, is daar geen wetgewing wat bepaal hoe die voordele verdeel moet word nie en geen druk kan op ‘n opvoeder uitgeoefen word om sumier te bedank om ‘n gedeelte van sy/haar voordele aan die teenparty oor te betaal nie.  Slegs die persentasie wat in die egskeidingsooreenkoms staan is betaalbaar en indien dit ‘n gedeelte van die pensioenvoordele sou insluit, MOET dit pertinent so beskryf word.  In so ‘n ooreenkoms waar die pensioenvoordele wel deel uitmaak van die toewysing, word lede aangeraai om seker te maak dat slegs die voordele wat tydens die huwelik self ter sake was,  beskryf word. (Spesifieke datums moet beskryf word – geen rente word verhaal of bygereken nie)
  • Indien ‘n prokureur sou dreig dat ‘n opvoeder MOET bedank om voordele aan die ander party te betaal, moet die opvoeder ‘n skriftelike “waarborg van inkomste” van die prokureur vra.  ( Dit is die regsopinie.)

 

WP1002 - Aanwys van naasbestaande
 WP1002 Aanwys van naasbestaande(151k) WP1002 - Aanwys van naasbestaande (151kb)
 
WP1002 - Instruksie
 WP1002 Instruksie(85k) WP1002 - Instruksie (85kb)