AKTIWITEITE VIR KINDERS

Adel Jacobs

Gebruik die tyd by die huis saam met jou kinders om weer die kind in jou te ontdek.  Meeste kinders smag daarna om meer tyd saam met hul ouers deur te bring en laat dit hul spesiaal voel. Jare later is dit die tye en aktiwiteite waarna kinders sal terugdink en onthou.


Speel, lag en geniet die kosbare tyd saam met jou kinders voordat hul groot is en die nes verlaat. Deesdae is die lewe so dol dat ons baie keer nie tyd kry vir ons familie nie, moenie hierdie gulde geleentheid om jou kinders te leer ken, misloop nie. 

Alhoewel dit nie streng moet wees nie, is dit belangrik dat daar roetine is gedurende die tyd by die huis. Roetine sal help om almal kalm te hou en drama te verhoed. 

Dit is makliker om jou kinders te vermaak as wat jy dink. Hier is ‘n paar prettige aktiwiteite waarmee jy jou kinders kan besig hou. Boonop sal dit jou sak pas.

‘n Gesonde dieët en genoeg oefening
Veral in ‘n tyd soos hierdie, is dit noodsaaklik om mooi na jou gesondheid te kyk. Deur gesond te eet, bou jy ‘n sterk immuunsisteem om die gevreesde COVD-19 virus teen te staan. 
Beplan ‘n gesonde eetprogram vir hierdie tyd saam met jou kinders. Laat hulle toe om self die spyskaart op te stel. Indien jou kinders ouer is en toegang tot die internet het, vra hulle om navorsing te doen oor watter tipe kosse ons gedurende hierdie tyd moet eet. Watter kosse is goed om jou immuunssiteem te bou en dan die spyskaart daar rondom te beplan. Hulle kan verder ook die inkopielys saamstel om die nodige bestandele aan te koop. 
Net soos ‘n gesonde dieët is dit ook belangrik om na jou liggaam te kyk. Soos die ou spreekwoord lui: “’n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.” Wanneer kinders nie fisies aktief is nie, kan verveling en frustrasie maklik kop uitsteek. Oefen saam, gaan draf of stap om die blok as ‘n gesin of doen tuinwerk saam as ‘n gesin. 

Die versorging van troeteldiere
Troeteldiere is die perfekte manier om kinders te leer om verantwoordelik te wees en pligte betroubaar uit te voer. ‘n Kind wat leer om na diere te kyk, en leer ook om met 
simpatie en omgee met ander om te gaan. Dit is essensieel om jou kinders te leer hoe en waarom troeteldiere versorg moet word. Jou kind kan ‘n plakkaat maak van hoekom mens jou troeteldiere goed moet versorg. Dit is ook die geleentheid om te gesels oor watter tipe kosse geskik is vir die troeteldier, asook watter kosse vermy moet word. Druiwe en uie kan dodelik wees vir jou hond omdat dit nierversaking kan veroorsaak. 
Indien jul honde het, gaan stap met die honde in die buurt terwyl jy praat oor die belangrikheid van oefening vir diere. Indien die weer dit toelaat, kan jul ook die troeteldier(e) bad, beddegoed deeglik was en die diere se woon-area goed skoonmaak. 

‘n Werkbare Noodplan
Hou jou familie veilig deur ‘n werkbare noodplan vir die huisgesin saam te stel. Dit is belangrik dat daar ‘n plan in plek is om almal veilig en kalm te hou in ‘n noodsituasie. Bespreek die plan met jou kinders, oefen die plan en vra jou kind om ‘n noodplan plakkaat vir die huisgesin te maak. ‘n Plakkaat wat in die huis uitgestal word dien as visuele herinnering van wat om te doen en word kunsvaardighede ter selfde tyd ontwikkel. Die noodplan kan die volgende inligting insluit: 
Telefoonnommers, noodtelefoonnommers, uitgangsroetes, nood-ontmoetingspunte, plan vir troeteldier(e), asook belangrike dokumente wat in ‘n water- en vuurdigte houer gestoor word vir maklike gryp oppad uit. Sommige gesinne skep ook ‘n “gryp-sak” met al die noodsaaklikste items. 

Bederfdag
Ons hoor gereeld dat ons nie tyd maak vir onsself nie en onsself afskeep. Hier is jou kans om ook jouself te bederf. Die wonderlike ding van ‘n spa-dag by die huis is dat jy dit kan aanpas en al jul gunsteling dinge doen. Dit bied ma’s en hul dogters die geleentheid om saam te ontspan en dinge saam te geniet. 
Skep 'n ma-dogter-spa-dag in die gemak van jou eie huis met selfdoen resepte gemaak van alledaagse produkte uit die kombuis. Avokadopeer, hawermout en heuning is die perfekte bestandeel vir ‘n heerlike masker. Maak saam heerlike versnapperinge om aan te smul later wanneer jy agteroor sit met komkommer op jou oë, sagte musiek in die agtergrond en die kosbare tyd saam met jou dogter(s) geniet. Moenie vergeet om jou gunsteling nagklere en gemaklike pantoffels aan te trek nie! Seuns sal ook hierdie bederfsessies geniet - veral ‘n lekker rugkrap of voetmassering. 


Speel soos in die ou dae
Bou ‘n fort met ou linne en komberse tussen die meubels soos toe jy klein was. Alternatiewelik kan jul ook een aand in die tuin of in die sitkamer kampeer. Gebruik beurtkrag tot jul voordeel deur met lanterns en lampe reg te kom en te speel. Lag en vertel stories tot laat in die nag. Die kreatiewes (en dapperes) onder ons, kan ‘n hindernisbaan in die tuin bou en self ook op ‘n prettige manier oefening inkry. Wanneer jy saam met jou kinders speel versterk jul band, dit is ook ‘n gesonde en prettige manier om oefening in te kry. Nie net is dit ‘n geleentheid om jou kind(ers) nuwe vaardighede te leer nie, maar speel ontwikkel ook sosiale vaardighede en die vaardigheid om self-beheer toe te pas.

Meeste kinders smag daarna om meer tyd saam met hul ouers deur te bring en laat dit hul spesiaal voel. Jare later is dit die tye en aktiwiteite waarna kinders sal terugdink en onthou.

by Anet Burns, Departementshoof, Laerskool Monumentpark, Pretoria 16 Jan, 2024
Jy het uiteindelik jou studies voltooi en met die aanbreek van die nuwe skooljaar sien jy uit na jou heel eerste onderwyspos. Hulpmiddels vir jou klas word gemaak en gekoop, en van die kalender tot verjaarsdagplakkaat pas alles by die oulike tema wat jy gekies het. Op sosiale media sluit jy fluks aan by die onderwysergroepe en vra raad by ander. Alles sodat jou eerste dag sonder enige haakplekke kan verloop! Alhoewel daar ‘n magdom praktiese wenke is wat jou nuwe kollegas met jou sal deel, is dit belangrik om te onthou dat elke kind, klas, skool, jaar en ouergemeenskap van mekaar verskil. Planne en tegnieke wat by kollega A se plattelandse skool in die Noord-Kaap ‘n treffer is, sal dalk nie by jou voorstedelike skool in Gauteng so suksesvol wees nie. Tyd en ervaring het egter geleer dat daar wel ses basiese dinge is wat alle onderwysers (meestal) positief en produktief sal hou - maak nie saak waar of hoe lank jy skoolhou nie.
by VivA • 19 Jul, 2023 19 Jul, 2023
Het jy al opgelet hoedat mense die woord bottel gebruik om eintlik na die inhoud van die bottel te verwys, soos in Die baba drink sy bottel ; of hoe oog vir detail gebruik word in plaas van fyn aanvoeling vir detail , soos in Sy het ’n oog vir detail ? Wanneer jy woorde só vervang, skep jy skakels tussen dinge rondom jou: tussen die bottel en die inhoud daarvan, of tussen die vermoë om fyn detail te identifiseer en die deel van die mens, die oog, wat die fyn detail waarneem. Hierdie skakels word deur hulle taalgebruik gereflekteer. Jy wys hierdeur vir ander mense hóé jy sin maak van die konsepte rondom jou.
by J van den Berg 02 Jun, 2023
Onderrig is 'n veeleisende beroep wat baie fisiese en geestelike energie verg. Met lang ure en 'n besige skedule kan dit vir onderwysers uitdagend wees om die tyd en energie te vind om goed te eet. Om seker te maak dat jy 'n gebalanseerde en gesonde dieet eet, is egter noodsaaklik om goeie gesondheid te handhaaf en op jou beste te presteer. In hierdie blogpos bespreek ons 'n paar wenke vir onderwysers om goed te eet en gesond te bly.
More posts
Share by: