Pos Besonderhede

GRONDSLAGFASE ONDERWYSERES 2020

Onderrig vir gekombineerde grade van Graad 1 tot 3.

KIRSTONIA PRIVAATSKOOL
Noordwes
Kontrak
Kategorie : GRAAD 1, 2 EN 3 MULTIGRAAD Salaris : Ervaring(s) :3 Year

Oorsig

Kirstonia Privaatskool is opsoek na 'n Grondslagfase onderwyser vir 2020. Vakke ter aanbieding is as volg: Afrikaans, Engels, Lewensvaardigheid en Wiskunde. Vereistes is as volg: 1.) SACE registrasie, 2.) Minimum van 3 jaar ondervinding in Grondslagfase, 3.) Lewering van polisieklaring, 4.) Sportafrigting. Onderhoude vind plaas op aansoeker se eie onkoste. Pakket sluit die volgende in: 1.) Gratis akkommodasie te Kirstonia Privaatskool perseel, 'n woonstel met leefvertrek, badkamer, slaapkamer en kombuisie, 2.) Gratis etes vanaf Maandae middae tot en met Vrydae oggendete gedurende skoolkwartaaltye, 3.) Gratis krag en water verbruik (ingeboude lugverkoeler). Vergoeding asook proeftydperk word in breë bespreek met navrae en onderhoude.

Oor KIRSTONIA PRIVAATSKOOL

Private school

Die pos behels die onderrig van Grondslagfase leerders vanaf Graad 1 tot Graad 3. Dit behels ook die afrigting van sport en buitemuurse aktiwiteite.

Kirstonia Privaatskool is geleë in Bray, Noord-Wes, aangrensend aan Botswana. Kirstonia is ‘n Afrikaanse Umalusi geakkrediteerde Privaatskool.

Navrae kan per e-pos gerig word aan: kirstonia@vodamail.co.za OF telefonies (na 2uur): 053 937 0022