Pos Besonderhede

Onderwyspos Gr 4-7

Onderwyspos Gr 4-7

CVO Carolina
Carolina
Voltyds
Kategorie : Graad 4-7 Salaris : Ervaring(s) : Year

Oorsig

Gr 4 - 7 Moontlike vakke: Wiskunde, Tegnologie, Natuurwetenskap, Geografie, Geskiedenis, EBW Kandidate moet bereid wees om betrokke te wees by Sport en Kultuur afrigting in skooltyd en om sommige Saterdae buitemuurse geleenthede by te woon om ons leerlinge te ondersteun.

Oor CVO Carolina

CVO Carolina is 'n plattelandse privaatskool met 40 leerlinge van Gr RR - 3. Ons bied 'n groot verskeidenheid sport en kultuur aktiwiteite aan maar ons akademie is ons trots. Ons is opsoek na 'n lewenslustige, kreatiewe persoon wat hul Christelike geloof uitleef, om by ons dinamiese span aan te sluit.

CVO Skole se kurrukulum is gegrond op die Gereformeerde Christelike geloof.

Kandidate moet hul Christelike geloof uitleef en inkorporeer in hul daaglike doen en late met leerlinge.

Hul moet in woord en handel getuig van hul geloof in die Drie Enige God.

Kandidate wat vertroud is met die volgende vakke se aansoeke is welkom:

Geskiedenis, Natuurwetenskap, Wiskunde, Geografie, Tegnologie, EBW

Kandidate moet aanpasbaar wees en bereid wees om ervaring op te doen buite hul vakgebiede.
Onderrigmedium: Afrikaans
Buitemuurse betrokkenheid is ‘n aanbeveling.  Ons sportperiodes geskied in skooltyd.

Rekenaarvaardigheid is ‘n vereiste
Kanidate se aansoeke moet vergsel wees deur ‘n volledige CV, afskrif van ID dokument, SACE sertifikaat en graad/ kwalifikasie of bewys van huidige registrasie as onderwys student.