WIE IS DIE SAOU


Die SAOU glo:

  • In die oppergesag van gehalte-onderwys as ‘n kragtige agent van verandering in die wêreld; en dat
  • Hoë kwaliteit onderwys is die onbetwiste reg van elke leerder binne ‘n gelyke, nie-rassige, nie-diskriminerende onderwysstelsel.


Om hierdie visie te verwesenlik, streef die Unie na:

  • Die hoogste professionalisering van alle opvoeders;
  • Die deurlopende verbetering van alle aspekte van die werklewe in die onderwyssektor.
  • Die SAOU is ‘n polities Onafhanklike Unie gebou op die beginsel van vryheid, gelykheid en respek vir fundamentele menseregte ten einde die individuele en kollektiewe belang van sy lede te verbeter en te beskerm binne enige bestaande of toekomstige arbeidsverhoudingsbedeling en die lewering van gehalte-onderwys aan die leerders in hul sorg te verseker.


Om hierdie doelwitte te bereik:

  • Bestuur die SAOU verhoudings tussen werknemers en werkgewers;
  • Verset enige vorm van onbillike diskriminasie in onderwys gebaseer op ras, geslag, etnisiteit, politieke of godsdienstige oortuigings;
  • Vorm alliansies met nasionale sowel as internasionale organisasies wat dieselfde waardesisteem, beginsels en doelwitte as die Unie deel;
  • Voorsien in-diens en verdere opleiding om opvoeders ten volle te ondersteun in hul professionele aanspreeklikheid om leerders te lei en voor te berei om verantwoordelike burgers van ‘n demokratiese staat te word.
Share by: