Ons is hier om te help!


Bel ons

Vir algemene navrae en vrae skakel ons gerus
Bel

E-pos Ons

Vir algemene navrae en vrae,

kontak ons per e-pos

E-pos

KONTAK ONS


KONTAK ONS

Algemene Kwelvrae


Diensvoorwaardes

  • Hoe gaan ek te werk om aansoek te doen om ‘n oorplasing?

    NB  Elke provinsie het sy eie beleid.



    Wat behels die proses?



    1. Die nuwe skool moet vir jou ‘n vakante pos hê.  


    2. Jy moet die vorms vir oorplasings, binne ‘n provinsie of interprovinsiaal, laat invul deur beide skoolhoofde en Beheerliggame.  


    3. Daarna moet jy afskrifte maak van die dokumente en dit gaan inhandig by jou huidige distrikkantoor se HR afdeling.  Volg op. 



    Wat is my regte?



    Normaalweg word oorplasings nie toegestaan in die vierde kwartaal nie.  Maar probeer die proses, dalk word dit goedgekeur.  Jy mag oorgeplaas word SLEGS met toestemming van jou huidige distrikkantoor en in samewerking met die nuwe distrikkantoor.  



    Wat mag en mag nie gedoen word nie?  



    Jou hoof kan na regte nie vir jou weier nie.  Die hoof is jou bestuurder.  Jou werkgewer (die Onderwysdepartement/Distrikkantoor) mag weier.  BAIE BELANGRIK:-  Jy mag geensins skuif voordat jy nie ‘n amptelike brief van jou huidige distrikkantoor gekry het waarin hulle jou ‘’release’’ nie.  Bly by jou huidige skool totdat jy die skrywe gekry het. 



    Hoe lank vat dit om goedkeuring te kry? 



    Normaalweg behoort die hele proses binne drie maande afgehandel word. 



    Watter briewe is nodig? 



    Die beste is om by jou skool se distrikkantoor, die oorplasingsvorms aan te vra want elke provinsie s’n verskil. 



    Enige raad en advies sal waardeer word. 



    Hoe graag jy ookal wil skuif, as dit nie kan realiseer nie (omdat dit nie eintlik in die vierde kwartaal gedoen word nie) MOENIE bedank nie.  Dit kan verrykende negatiewe implikasies vir jou inhou. Skakel ons eers voordat jy dit oorweeg, want die her-aanstellings regulasies het in September 2018 verander.  Ons sal vir jou kan sê of dit reg is om eerder te bedank en dan te skuif of nie.  


    SAOU Dienssentrum:  012 023 1333

  • Kan ‘n tydelike opvoeder permanent aangestel word sonder dat die pos geadverteer word?

    Beslis. Die Hoof van Onderwys (HOD) in ‘n provinsie kan ingevolge Art. 6B, waar tydelike opvoeders na ‘n sekere tyd (gewoonlik 12 maande) omgeskakel word na ‘n permanente pos. Die beheerliggaam van die skool doen gewoonlik die aanbeveling. Die toepassing van die aspek wissel van provinsie tot provinsie t.o.v. die tydperk wat die onderwyser in die tydelike substantiewe/ vakante pos moet wees. Bespreek dit met jou hoof en volg op.

  • Ek het ‘n aanbod gekry om as Posvlak 1- opvoeder by ‘n ander skool te begin. Die skoolhoof wag nog vir my aanstellingsbrief. Die hoof het my toestemming gegee om maar solank by die ander skool te begin werk. Is dit korrek?

    NB!  Onder geen omstandighede mag enige departementele opvoeder/ amptenaar skuif van die huidige pos na ‘n ander, sonder ‘n aanstellingsbrief wat deur die spesifieke provinsie se HOD of gedelegeerde geteken is en in u hand is nie. Indien u van een provinsie na ‘n ander oorgeplaas word, kan u dit slegs doen as u oor die briewe van beide skole en die onderwysdepartemente beskik. Beide skole se beheerliggame, hoofde en distrikdirekteure moet die oorplasing goedkeur. In kort, geen onderwyser kan diens aanvaar in ‘n ander provinsie alvorens goedkeuring op skrif deur beide provinsies verleen is nie.



  • Is buitemuurs verpligtend?

    Ja,.  Dit is deel van jou QMS en werksbeskrywing.



    ‘n Opvoeder moet ten minste 7 – 9 ure per dag by die werkplek wees, d.w.s ‘n minimum van 35 ure per week. 


    Beheerliggaamaangestelde personeel: In terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes mag ‘n werknemer nie langer as 45 uur per week werk nie. Indien buitemuurs binne hierdie riglyn val, kan dit verpligtend wees, maar hierdie tel slegs vir individue wat onder die arbeids drempel verdien. (Huidige drempel is R205 433.30 per jaar).


     Departementeel aangestelde opvoeders:  Die PAM Hoofstuk A 2 tot A 7 bevat die pligte van opvoeders. Opvoeders moet ten minste 1800 ure per jaar werk. Slegs die DvO is onder bepaalde voorwaardes geregtig om tot ‘n maksimum van 80 ure/jaar buite die gewone skooldag of gedurende skoolvakansies vir professionele ontwikkeling van ‘n opvoeder te vereis. Die DvO moet ‘n kwartaal voor die tyd ‘n volledige uitnodiging stuur. Indien die Opvoeder dit nie kan bywoon nie, moet daar ‘n skriftelike verskoning aan die DvO gerig word.

  • My Hoof verwag dat ons ook naweke en vakansies by skool fondsinsamelingsgeleenthede moet werk.

    Verwys na bogenoemde punt:


    Is buitemuurs verpligtend?



    Naweke werk:


    As dit binne die 1800 val



    Vakansies werk:


    As dit hoof jou 'n kwartaal voor die tyd kennis gee

  • My Hoof sê dat ek ‘n dag of twee se verlof kan kry as ek die plaasvervanger uit my eie sak sal betaal. Kan ek dit doen?

    Geen opvoeder het die wetlike reg om ‘n plaasvervanger aan te stel om sy/haar werk oor te neem op ‘n tydelike basis nie. Slegs die DvO of beheerliggaam kan aanstellings by skole maak en slegs die twee partye kan ‘n plaasvervanger vergoed. Die skoolhoof kan dus nie die opvoeder verplig om die plaasvervanger te vergoed nie. Indien die verlof afgekeur word op dié beginsel, kan u ‘n amptelike grief verklaar. Daar moet egter verreken word dat verlof ‘n voorreg is en onderhewig is aan die vereistes van die dienslewering.

  • Met al my jare diens by die DvO en na my diensonderbrekings, wil ek graag weet of ek op die korrekte salarisskaal aangestel is?

    Daar is verskeie bepalings in die PAM  en Kollektiewe ooreenkoms 2 van 2018, hierdie vraag beïnvloed en wat verreken moet word tydens die bepaling van 'n salaris. Dit is belangrik om ‘n duidelike uiteensetting van al die diensperiodes aan die werkgewer te verskaf, nl: 


    • Dienssertifikate met begin- en einddatums;


    • Huidige salariskerf;


    • Rede(s) vir diensbeëindiging;


    • KBS dokumentasie; en 


    • Wie was die vorige werkgewer(s) , d.w.s. beheerliggaam, onafhanklike skool of die DvO

  • Ek wil bedank uit die Onderwys. Wat is die kennisgewing tydperk?

    Departementele aanstellings:


    Die Wet op Indiensneming van Opvoeders  vereis ‘n kwartaal (ongeveer 90 dae) kennistydperk. Tydelike personeel kan 30 dae kennis gee. Die DvO kan ook toestemming gee dat dit op korter kennisgewing kan geskied. Maak net seker dat die skoolhoof die bedankingsvorm na die DvO stuur om sodoende die Pensioenuitbetalingsvorms te bekom. U sal moet aansoek doen vir die pensioenuitbetaling – dit geskied nie outomaties nie. 


    Beheerliggaam-aanstellings:


    Die kennis tydperk vir beheerliggaam aangestelde individue word bepaal deur hul dienskontrak. Waar die dienskontrak swyg oor hierdie aangeleentheid of daar nie ‘n geldige diens kontrak bestaan nie, word dit gereguleer deur Art 37 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 of 1997: 


    Minder as ses maande diens – 1 week;


    Meer as ses maande maar minder as een jaar – 2 weke;


    Langer as ʼn vol jaar se diens – 4 weke.

  • Word my vorige diens erken?

    Departementele aanstellings: 


    • Ja, die DvO verleen erkenning vir vorige toepaslike onderwysdiens. Bêre al jou salarisstrokies. Deur 'n departementele dienssertifikaat, betaalstrokies of dienssertifikate van Privaat- of Beheerliggaamdiens in te handig sal die werkgewer een (1 kerf) toeken vir elke 12 maande toepaslike ervaring. Dit is jou verantwoordelikheid om die nodige bewyse in te dien. 


    • Indien ‘n opvoeder weer aangestel wil word in ‘n departementele pos op dieselfde posvlak, na onderbreking van diens, (hetsy by wyse van bedanking of aftrede), daardie opvoeder slegs aangestel sal word op die beginkerf van die posvlak waarin die opvoeder aangestel word. Indien die opvoeder wel oor meer as 6 jaar vorige departementele ondervinding beskik, sal die opvoeder kwalifiseer vir erkenning van vorige diens tot ‘n maksimum van 6 kerwe. (Sien Kollektiewe ooreenkoms 2 van 2018.) Enige ervaring minder as 6 jaar sal nie erken word nie en sal die opvoeder op die beginkerf van posvlak 1 poste aangestel word.


    • Indien u as ‘n admin klerk van een skool na ‘n ander beweeg en dit NIE ‘n oorplasing is nie, begin u op die laagste skaal, 5.1. GEEN erkenning van vorige diens word toegestaan nie.


    Beheerliggaam-aanstellings:


    • Aanstellings itv die Wet op Basiese Diensvoorwaardes


    • Daar is geen maatreël vir die erkenning van vorige diens by Beheerliggaam aanstellings nie. Die vergoeding pakkette is onderhewig aan onderhandeling tussen werkgewer en werknemer by aanstelling.

  • Mag ek besoldigde werk verrig wat onverwant aan my opvoedkundige verpligtinge is? Bv. Die bestuur van ‘n tuisnywerheid of die aanbieding van ekstra Wiskunde- of musieklesse.

    Artikel 33 van die Wet op Indiensneming van Opvoeders Wet 76 van 1998 bepaal : 


    33(1)      Tensy ‘n opvoeder se diensvoorwaardes anders bepaal-


    (a) Moet die opvoeder die tyd wat die Minister bepaal ter beskikking van die werkgewer stel;


    (b) Mag geen opvoeder sonder die toestemming van die werkgewer besoldigde werk buite die opvoeder se amptelike diens of werk verrig of onderneem om te verrig nie;


    (c) Kan geen opvoeder aanspraak maak nie op bykomende besoldiging van enige amptelike diens of werk wat die opvoeder-


    (i) Vrywillig verrig; of


    (ii) Deur n bevoegde gesag beveel is om te verrig.


    33(2)      Die werkgewer kan ‘n opvoeder beveel om tydelik ander pligte te verrig as die wat aan die opvoeder opgedra word en wat by sy graad, benaming of indeling van die opvoeder se pos pas.



    Derhalwe sal u moet aansoek doen by u werkgewer in terme van Art 33 van die Wet op Indiensneming van Opvoeders om sodanige inkomste te verdien. 


    Hierdie moet egter onderskei word van ekstra vergoeding vanaf die Beheerliggaam in terme van Art 38A van die Suid-Afrikaanse Skole Wet. 


    Dws Art 33 is vir die verdien van inkomste buite skoolverband en in u persoonlike hoedanigheid.

  • Kan ek bedank terwyl ek met kraamverlof is?

    Antwoord:  Ja. Daar bestaan slegs twee gevalle waartydens ‘n opvoeder kan bedank sonder die normale kennisgewingtydperk te werk nie, naamlik tydens:-


    1. Kraamverlof


    2. Siekverlof.


    Die werknemer hoef ook nie terug te keer na die skool om kennis te werk nie. 


    Die werknemer moet wel die nodige skriftelike kennis by die hoof inhandig voordat die kraamverlof of siekverlof tot ‘n einde kom.  Indien die werknemer probleme ondervind by die skool kan hy/sy  self die dokumente by die distrikskantoor inhandig. Alle dokumentasie vir die aanvraag van die pensioen moet ook ingedien word.

  • Mag ‘n opvoeder vaderskapverlof neem?

    Departementele aanstellings:


    Ja, paragraaf H 8.12 van die Personnel Administrative Measures (PAM) (Employment of Educators Act 76 of 1998) bepaal dat ‘n opvoeder geregtig is op 3 dae betaalde vaderskapverlof per kalenderjaar wanneer die opvoeder se eggenoot of lewensmaat geboorte skenk aan ‘n baba. Die opvoeder kan ook aansoek doen vir sy/haar gesinsverantwoordelikheidsverlof van vyf (5) dae in terme van item H.10.1 van die PAM. Hierdie verlof slegs van toepassing die oomblik wanneer die baba gebore word en daarna. Let wel, hierdie verlof hoef nie aaneenlopend geneem te word nie maar enige tyd gedurende die eerste jaar na die baba se geboorte.


    Beheerliggaam-aanstellings:


    Tien (10) dae - onbetaalde verlof 

  • Wanneer kwalifiseer ‘n opvoeder vir erkenning van vorige diens?

    Erkenning van vorige diens, Recognition of previous service PAM Kollektiewe Ooreenkoms 4 & 5 van 2003 (vir aanstellings voor 25 Sept 2018). Die departement gee erkenning vir vorige diens. (Bêre u salarisstrokies). Erkenning van privaat- en of beheerliggaamdiens asook oorsese ervaring word gedoen. (Insluitend diens by tersiêre instellings). Kollektiewe Ooreenkoms 4/2003: Voorbeeld van erkenning: BL ondervinding vanaf 1 April 2003 tot 31 Des 2006 = 3 jaar word erken = 3 ekstra kerwe.) Dit geld slegs vir onderwysers wat hul EERSTE departementele aanstelling kry.

  • Hoe werk die prosedure van bedanking?

    Lid moet die hoof skriftelik in kennis stel dat hy/sy gaan bedank.  Die bedankings periode van   (30 dae SBL aanstellings of soos in die kontrak gestipuleer) departementele opvoeders moet volgens Artikel 15 van die Wet op indiensneming van Opvoeders 90 dae kennis), maar moet 30 dae kennis werk. Die lid moet ook aansoek doen dat pensioen uitbetaal. Lid verloor behuising spaargeld en mediese voordeel met bedanking.

Medies

  • Wat is die nuutste inligting mbt GEMS?

    Interessante inligting rakende mediese subsidie. 


     


    • Aangeheg is 2023 se mediese subsidie vir alle GEMS lede.


     


    • Indien ‘n werknemer op ‘n ander mediese fonds as GEMS is, sal die subsidie steeds ‘n eenmalige bedrag van R1014.00 wees, ongeag hoeveel afhanklikes die lid het.  (Dit is hoofsaaklik vir ouer personeel wat nog in diens is)


     


    • Nuwe departementele personeel – aangestel nadat GEMS gestig is - sal geen subsidie ontvang indien hulle op ‘n ander mediese fonds as GEMS, is nie. 


     


    • Met aftrede sal alle pensioenarisse afskuif na die goedskoopste salarisband van hulle mediese plan by GEMS ongeag of sy/haar maandelikse pensioen meer is, as dié salarisband.  Alle voordele bly dieselfde. 


     


    • Persone wat aftree en op ander ‘n mediese fonds is, sal die volle subsidie na aftrede ontvang soos wat dit vir GEMS lede geld.


     


    • Neem kennis dat ‘n persoon na aftrede slegs vir twee persone subsidie sal ontvang – vir hierdie jaar is dit, maksimum R 3402.00   Hulle mag meer as twee afhanklikes hê maar sal die volle prys vir die ekstra afhanklikes moet betaal. 


     


    • Indien departementele opvoeders van mediese fondse wil skuif, moet hulle dit asseblief lank voor aftrede doen of eers nadat die pensioen uitgesorteer en uitbetaal is anders kan dit ongelooflike verwarring veroorsaak. 


     


    • OOK BELANGRIK:-  Met bedanking as opsie, mag die persoon NIE meer op GEMS bly NIE. 

  • My siekverlof is uitgeput, wat doen ek nou?

    U sal moet oorweeg om aansoek te doen vir tydelike ongeskiktheidsverlof (PILIR: Korttermyn = 1 tot 29 dae, Langtermyn meer as 29 dae. U kan die vorms by u skool of distrikkantoor bekom). U moet egter in gedagte hou dat hierdie verlof nie toegestaan word sonder die nodige bewyse nie.


    Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang het met betrekking tot tydperk waarvoor aansoek gedoen het nie, moet u navraag doen by HR kantoor van die distrik. Indien die aansoek afgekeur word sal u die reg hê om appèl aan te teken, 'n grief en daarna 'n dispuut by RAVO te verklaar,  met die behulp van die SAOU, indien die werkgewer nie ingevolge die beleid opgetree het nie.


     Dit is uiters belangrik dat opvoeders hulle siekteverlof verantwoordelik bestuur. Die toestaan van tydelike ongeskiktheidsverlof is nie 'n outomatiese toegewing nie.

  • Hoe doen ek aansoek om tydelike ongeskiktheidsverlof?

    Die voltooiing van die aansoekvorm is u eie verantwoordelikheid en nie dié van die skoolsekretaresse nie. (Die PILIR verlofvorms sal by u skool of u distrikkantoor beskikbaar wees) Verseker ook dat u geneesheer/spesialis die toepaslike gedeeltes op die vorm voltooi en dat alle mediese verslae / bloedtoetse en motiverings deur die geneesheer by die aansoekvorm ingesluit is. ('n Mediese sertifikaat is nie voldoende nie) Die volledige dokument moet volgens beleid binne die voorgeskrewe tyd by die werkgewer ingehandig word. 'n Nuwe aansoek met volledige verslae moet elke drie (3) maande ingehandig word vir die goedkeuring van tydelike ongeskiktheidsverlof.

  • Kwalifiseer 'n departementele opvoeder vir voorgeboortelikeverlof?

    Ja, alle swanger vroue kwalifiseer!


     


    Alle Staatsamptenare kwalifiseer vir “Pre-Natal” verlof” Die PAM dokument beskryf hierdie aspek van verlof in hoofstuk H.


     


    H8.7      Met ingang van 1 Januarie 2013 is staatsdienspersoneel geregtig tot 8 werksdae “Pre-Natal”  verlof, per swangerskap, om die werknemer (swanger vrou) in staat te stel om vir besoeke aan ‘n mediese praktisyn, vroedvrou en enige toetse wat swangerskap verwant is, te gaan.


     


    H8.8      Dié dae kan in vol dae of gedeeltes van ‘n dag geneem word.


     


    H8.9      Die aansoek om “Pre-Natal “ verlof moet vroegtydig ingehandig word, behalwe indien onvoorsiene omstandighede dit verhoed. Die aansoek om “Pre-Natal” verlof moet vergesel word van ‘n redelike bewys dat die werknemer ‘n afspraak gehad het  of vir ‘n toets moet gaan wat swangerskap verwant is. 


     


    H8.10    Indien ‘n werknemer al die “Pre-Natal” verlof geneem het, kan die werknemer onderhewig aan goedkeuring van die Hoof van die Departement of die DG van die Departement, aansoek doen om vakansieverlof, opgehoopte verlof of onbetaalde verlof.

  • Wannneer het die nuwe normale siekverlof-siklus begin?

    Begin 2022 het elke opvoeder 36 dae normale siekerlof wat strek tot einde 2024.


    Indien bg. erlof uitgeput is moet die werknemer aansoek doen ir buitengewone siekverlof (PILIR).


    Gestel 'n opvoeder word departementeel aangestel in 2023, sal hy/sy pro rata siekverlof kry nl. 1 dag per maand tot einde 2024.

Pensioene
Kontak die SAOU se Dienssentrum indien u diens wil verlaat vir verdere inligting 
012 023 1333 

    • Kan ek diens terugkoop om my pensioengewende diensjare te vermeerder?

      Dit is moontlik , maar werk duur uit aangesien uself verantwoordelik sal wees vir u, asook die werkgewer se pensioenbydrae. Die GEPF sal ‘n  kwotasie vir die voorgestelde jare se terugkoop uitreik. Die kwotasie sal gebaseer wees op u huidige salariskerf. U kan die GEPF kontak vir ‘n kwotasie en daarna  besluit of dit die moeite werd sal wees, of nie. (Vorm: Z215 is die tersaaklike vorm vir sodanige aansoek en is beskikbaar op GEPF se webblad.)

    • Pensioen uitbetalings: Hoe volg ek op?

      (i)    Kontak jou HR kantoor


      (ii)   Lid kan gebruik maak van die GEPF applikasie  (toep/"app") en so dan opvolg asook op die webtuiste van GEPF.  Lede ontvang gewoonlik ‘n sms wat dan aan hulle noem dat die dokumente by die Onderwyskantore afgehandel is en by GEPF is.


      (iii)  Skakel GEPF 0800 117 669  

    • Hoeveel jaar diens moet ek hê om GEMS/mediese voordeel te kan kry met aftrede? .

      Mediese aftrede is net 10 jaar gebroke diens.


      Lid moet 15 jaar diens by die staat hê om die voordeel te kan ontvang.  Kan gebroke jare wees, en die laaste 12 maande die hooflid wees van 'n mediese fonds.

    • Hoe gaan ek te werk om uit diens te tree?

      1. Bedanking


      ‘n Opvoeder wat bedank ontvang slegs ‘n eenmalige aktuariële bedrag. Alle ander voordele soos verlofkrediete en die spaargeld vir behuising word verbeur.  U mag ook nie meer aangaan met GEMS nie.  Hierdie “lompsom” kan op twee maniere uitbetaal word:


      I. Regstreeks in u persoonlike bankrekening maar sal dan eers belas word voordat die uitkeerbedrag in rekening gedeponeer word.  Gebruik Z894.


      II. Direk oorbetaal word na ‘n ander of goedgekeurde bewaringsfonds van u keuse sonder dat belasting aanvanklik verhaal word.  U mag ‘n eenmalige onttrekking maak voor die ouderdom van 55 – nie meer as een derde van die bedrag nie. Gebruik Z1525.



      2. Voortydige Aftrede (ouderdom 50 – tot voor 55 slegs INDIEN aangestel voor 1 Mei 1996 – slegs vir opvoeders)  en  55 – 59 jaar)


      Werknemer word “gepenaliseer” met 0,33% vir elke maand vanaf aftree-datum tot 60ste verjaarsdag-datum. Alle ander voordele soos bogenoemde verlofkrediete, en behuising (spaargeld) word behou.  U mag slegs hierdie opsie kies, indien u kwalifiseer. 



      3. Normale Afrtrede (ouderdom 60 - 65)


      Werknemer tree normaal af sonder enige penalisasie en behou ook alle voordele soos verlofkrediete, en behuisingspaargelde, ens.  Sien ander voordele op GEPF se webblad of onder "Pensioene"(www.saou.co.za).    



      4. Mediese Aftrede (enige ouderdom)


      Die Staat moet skriftelik toestemming gee. Die werknemer moet aansoek doen. Pro-rata diensjare/-tyd sal bygevoeg word indien werknemer meer as 10 diensjare het. Maksimm byvoeging is 5 jaar. Indien werknemer 60 jaar en ouer is, is daar geen byvoeging van diensjare nie.


      Onder 10 aaneenlopende diensjare - geen byvoeging van diens nie.



      Kontak die SAOU se Dienssentrum indien u diens wil verlaat vir verdere inligting   012 023 1333

    Behuising

    • Hoe onttrek ek my spaargeld by GEHS as ek huis gekoop het?

      U moet gebruik maak van die “ Individual-Linked Savings Facility (GEHS: ILSF) Withdrawal Application form.”  Al die instruksies word op die vorm gestipuleer.  Alle skakels na die regte dokumente is beskikbaar in SAOU  Nuusflits 36/2021,  hieronder beskikbaar.

    • Mag ek en my gade beide behuisingstoelaag ontvang indien ons albei vir die DvO werk?

      Na aanleiding van die kollektiewe ooreenkoms van die Staatsdiens Koördinerings Bedingingsraad (SKBR/”PSCBC”), Resolusie 1 van 2018, en die jongste aanpassings van die toelaag, is dit belangrik dat lede van die volgende kennis moet neem:


       • Diskriminasie op grond van huwelikstatus word afgeskaf, dws dat beide eggenote vir die behuisingstoelaag kwalifiseer.


       


      Lees ook Nuusflits 36/2021 vir meer inligting

    • Wanneer word die spaargeld van ‘n huurder uitbetaal?

      In die eerste plek moet die opvoeder “enrol” op GEHS se webtuiste om te kwalifiseer. Die geld wat gespaar is betaal slegs uit in die geval van:  Afsterwe, wanneer opvoeder ‘n huis koop, beëindiging van kontrak en aftrede. Indien opvoeder BEDANK word spaargeld verbeur. Persone wat aftreee moet aansoek doen: Uitbetalings geskied nie outomaties nie!

    • Moet ek registreer by GEHS?

      Ja. Gaan in op GEHS se webbad. Rol af tot by "ENROL NOW". Volg instruksies en druk registrasiesertifikaat uit. Bewaar dit soos goud!

    Skoolbeheerliggaam

    • Wat is ‘n Dienssertifikaat?

      • ‘n Dienssertifikaat is ‘n formele bewys van ‘n werkgewer dat ‘n werknemer diens oor ‘n bepaalde tydperk gelewer het. Ten tye van bedanking moet jy by die werkgewer op ‘n bewys van diens (departement/ beheerliggaam/ onafhanklike skool) aandring. Ten tye van herindiensname moet jy dit weer by die nuwe werkgewer indien. 


      • Op die dienssertifikaat moet die volgende inligting op die briefhoof van die werkgewer verskyn:


      • Tydperk van dienslewering (dag, maand, jaar);


      • Beskrywing van dienslewering, bv. Grade/ leerareas/ vakke; 


      • Aanduiding van geen onbetaalde verlof geneem of nie; 


      • ONTHOU: ‘n Dienssertifikaat is u verantwoordelikheid.

    • Hoe werk kraamverlof vir BL aangestelde personeel?

      Die kraamverlof sal gewoonlik in die kontrak uiteengesit word.



      Art 25 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal die volgende:


      (1) ‘n Werknemer is geregtig minstens vier maande kraamverlof.


      (2) ‘n Werknemer kan met kraamverlof begin-


      (a) Ter eniger tyd vanaf vier weke voor die verwagte datum van geboorte, tensy anders ooreengekom; of


      (b) Op ‘n datum met ingang waarvan ‘n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat dit vir die gesondheid van die werknemer of haar ongebore kind nodig is


      (3) Geen werknemer mag vir ses weke na die geboorte van haar kind werk nie, tensy ‘n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat sy geskik is om dit te doen.


      (4) ‘n Werknemer wat ‘n miskraam gedurende die derde trimester van swangerskap het of ‘n doodgebore kind baar, is geregtig op kraamverlof vir ses weke na die miskraam of doodgeboorte, ongeag of die werknemer ten tye van die miskraam of doodgeboorte met kraamverlof begin het.


      (5) Tensy ‘n werknemer nie in staat is om dit te doen nie, moet die werknemer ‘n werkgewer skriftelik in kennis stel van die datum waarop die werknemer van voorneme is om –


      (a) Met kraamverlof te begin; en


      (b) Na Kraamverlof terug te keer werk toe.


      (6) Kennisgewing ingevolge subartikel (5) moet gee word-


      (a) Minstens 4 weke voordat die werknemer van voorneme is om met kraamverlof te begin; of


      (b) Indien dit nie redelikerwys moontlik is om dit te doen nie, so gou as wat dit rederlikerwys moontlik is. 


      (7) Die betaling van kraamverlof sal deur die Minister behoudens die bepalings van die Werkloosheidsversekerings wet, 1966 ( wet 30 van 1966) bepaal word.

    • Is ‘n BL aangestelde personeellid geregtig op vaderskapverlof?

      Ja,  10 dae onbetaald!


      Vaderskapverlof sal gewoonlik in die dienskontrak uiteengesit word.



      Die volgende Artikels is by Wet 75 van 1997 ingevoeg om vir die nuwe verlofvorme voorsiening te maak, naamlik artikel 25A,  25B, 25C.


      Art 25A: (1) Vaderskapverlof: ‘n werknemer wat ‘n ouer van ‘n kind word, is geregtig op tien  opeenvolgende dae se onbetaalde verlof, wanneer die kind gebore is


      (2) Die werknemer se ouerskap verlof kan in werking tree op 


      (a) die datum wat die kind gebore word. 


      (b) (i) die aanneem datum toegestaan word


      (b)(II) Die datum waarop die kind in die sorg van die aanneem ouer geplaas word.


                 (3) Die kennis moet ten minste een maand voor die aanvang van die verlof gegee word.


      (4) Die betaling van werkloosheidsversekering sal bepaal word deur die Minister soos voorgeskryf in die Werkloosheidsversekerings Wet 63 van 2001.



    EVALUEER ONS DIENS


    Uitstekend

    Gemiddeld

    Swak

    Share by: