Skoolbestuurspanne begin toenemend tot die besef kom dat dit wat in die personeelkamer gebeur, net so belangrik is as dit wat in die klaskamer gebeur. In die besige tyd waarin ons leef word die noodsaaklikheid om te investeer in `n ruimte waar personeel kan asem skep, alhoemeer belangrik geag – veral wanneer dit kom by die welstand van personeel.
Skop 2024 op die gepaste wyse af deur die onderstaande aspekte in ag te neem:
Wat is die doel van `n personeelkamer?
Almal het af en toe nodig om batterye te herlaai, hetsy dit is deur met kollegas te gesels oor die rugby van die naweek of net in stilte `n koppie koffie of tee te geniet.
Navorsing het bewys dat `n personeelkamer nie net met personeelmoraal help nie, maar personeel ook motiveer en `n mate van ondersteuning bied.
Vir `n onderwyser maak elke minuut saak en mens wil graag jou tyd produktief benut. Dit is juis dán wanneer die personeelkamer `n essensiële plek raak waar `n mens jouself kan wees, asem kan skep en na kameraadskap gaan soek.
Die personeelkamer behoort `n plek te wees waar ieder en elk bymekaar kom – net om ontvlugting te kry van `n veeleisende werk.
Hoekom is dit belangrik om personeelkamer toe te gaan?
Waaroor moet `n personeelkamer beskik om dit ‘n ‘gelukkige’ ruimte te maak?
Bepaal vooraf wat die doel van jou skool se personeelkamer is – is dit `n plek om asem te skep; is dit `n area toegewys om in te werk en te vergader; of is dit beide? Maak dan seker die personeelkamer beskik oor die volgende:
Wat moet liefs vermy word in `n personeelkamer?
`n Personeelkamer is `n ruimte met eindelose potensiaal – en `n baie goeie beginpunt om na personeel se welstand om te sien. Wees op die uitkyk vir kommunikasie vanaf die SAOU met betrekking tot ons SAOU-welstandsweek wat spesifiek sal fokus op die welstand van opvoeders.
Die volgende aanhaling van Diana Gooding som baie goed op wat die essensie van `n personeelkamer behoort te wees: “It’s a happy staff room when no one hears the bell.” Maak die volgende ‘n doelwit vir 2024 – om so lekker te klets en kuier dat jy so af en toe nie die klok hoor wat die einde van die pouse aankondig nie...
A CONTENTED STAFF ROOM
School management teams are increasingly realising that what happens in the staff room is just as important as what happens in the classroom. Taking into consideration the busy times we live in, the need to invest in a space where staff can take a breather is becoming increasingly important – especially where the wellbeing of staff is concerned.
Start 2024 in an appropriate manner by considering the aspects below:
What is the purpose of a staff room?
Everyone occasionally needs to recharge their batteries, whether it is by chatting to colleagues about the rugby that took place over the weekend or quietly enjoying a cup of coffee or tea.
Research has shown that a staff room not only helps with staff morale, but that it also motivates staff and provides a measure of support.
For a teacher every minute matters and you would like to make productive use of your time. It is precisely then that the staff room becomes an essential place where you can be yourself, take a breather and look for companionship.
The staff room should be a place where one and all come together – just to escape from a demanding job.
Why is it important to go to the staff room?
What features should a staff room have to make it a ‘happy place’?
Determine beforehand what the purpose of your school's staff room is – is it a place to take a breather; is it a designated area assigned for work and meetings; or is it both? Then ensure the staff room features the following:
What should preferably be avoided in a staff room?
A staff room is a space with endless potential – and a very good starting point for investing in staff wellbeing. Look out for communication from the SAOU regarding our SAOU Wellness Week which will specifically focus on the wellbeing of educators.
The following quote from Diana Gooding sums up what the essence of a staff room should be: "It's a happy staff room when no one hears the bell." Make the following a goal for 2024 - to be so engrossed in hanging out and in chit-chat that, every once in a while, you will not immediately hear the bell announcing the end of the break time…
'My experience with SAOU was outstanding. After months of struggle, they assisted me in obtaining my SACE certificate. Additionally, their thoughtful gesture of wishing me a happy birthday was particularly heartwarming.'
Keshia Erasmus
''Ons het gesukkel met 'n vakkeuse van 'n matriekleerling aan die begin van die jaar, aangesien haar ma verlede jaar die toestemmingsbrief na verkeerde e-pos gestuur het. Die departement het net volstrek geweier om haar vak te verander, al het sy al vir amper 'n kwartaal in die veranderde vak gesit. Ons het SAOU genader om hulp en dit was nie eers 'n paar dae nie toe kry ons die toestemmingsbrief vanaf die departement, vergesel met 'n verskoning.''
Lizé van Aswegen
''Flink diens. Akkurate inligting.'' Garetha
''Onderwerpe is spesifiek uniek, baie leersaam en word deur kundiges keurig aangebied.''
Gretie Luyt
''Best service and easy to find information. ''
Kgothatso Madibana
''My ervaring met SAOU is uitstekend tot dusver. Ek het aanlyn geregistreer en is bykans onmiddelik n lid.''
Janeke Jordaan
''Professional advice given and FAQ are very helpful. Staff knowledgeable and website insightful.''
Gregory McCullum
''Daar is dadelik aan my raad gegee.
Dokumentasie was vinnig aangestuur.
Andre Pretorius was vriendelik, bekwaam en van groot hulp met my probleem.''
Susan Jansen
''Excellent rating - For conducting the ongoing professional development workshops on content and on the
latest developments in education.
Continue with the excellent work.''
Molale DC
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat die webwerf verbruikers-vriendelik is en ek maklik kon aansluit by die unie. Ek is ook vinnig gehelp toe ek hoofkantoor gebêl het. ''
Jacomien Davidson
"Hiermee wil ek graag my dankbaarheid uitspreek vir die geleentheid wat ek ontvang het om saam met my gade die kongres te kon bywoon. Die ervaring was werklik spesiaal. Die absolute professionele voorbereiding ten opsigte van administrasie asook die persoonlike ingesteldheid teenoor die ontvangers van die toekennings was indrukwekkend. Baie dankie vir die erkenning van die werk wat opvoeders doen, dit skep nederige dankbaarheid vir die taak wat God aan my toevertrou het."
E Havenga
''The manner of questions are spot on and one can only hope responses will fast and reliable... New website is highly informative ''
ShamielITIO Mohamed
''Ek wil graag net persoonlik dankie se vir ''n wonderlike Saterdag. Dit was absoluut die moeite werd!
Julle verwelkoming, fantastiese sprekers, middagete, geskenkpakkie en nog 'n wegneem kospakkie was uit die boonste rakke. Dis n voorreg om lid van die SAOU te kan wees.
Dankie en sterkte vir dit waarvoor julle staan en die puik diens wat ons as lede ontvang.''
Sunet Sanders
''My ervaring met SAOU is uitstekend omdat - om dit sommer plein en reguit te sê - in al die jare wat ek SAOU opleidings bygewoon / (Zoom) was nie een ooit 'n mors van tyd nie. Dit is altyd baie insiggewend en interessant. Ek leer ongelooflik baie by die aanbiedings. Baie, baie dankie vir julle puik diens. Ek waardeer dit opreg. Somtyds is dit moeilik om alles ingepas te kry, om na die opleidings te luister maar ek probeer maar altyd 'n plan maak om dit by te woon. Gaan voort met die goeie werk! Baie dankie'' Mathilde van Niekerk
''My ervaring met die SAOU was uitstekend omdat my vrae altyd vlugtig en deeglik beantwoord word. Ek voel vry om enige kwessie met die SAOU te bespreek en ek voel veilig sowel as beskermd wanneer ek kontak maak. Ek voel dat die SAOU as 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir my dien en ek is nie seker dat ek onderwys, en die politiek daaragter, sou kon hanteer sonder 'n unie met wie ek so vertroud voel nie. Baie dankie!''
Karla du Toit
I got the answers to my questions and there was additional information I could browse on for more information.
Proudy Dlamini
All Rights Reserved