NN 8/2026

ALGEMENE SALARIS- EN SAOU LEDEGELDAANPASSING 2026

Vanaf 1 April 2026 sal die algemene pensioendraende salaris van alle staatsdienswerkers (salarisvlakke 1 tot 12), vir die 2026/2027 finansiële jaar, soos deur PCBC Kollektiewe Ooreenkoms nr 1 van 2025 aangekondig, met verwysing na paragrawe 3.1.2.1 en 3.2, met ‘n minimum van 4% verhoog word.

 

Hierdie sluit die 1.5% jaarlikse salarisprogressie uit, vir die wat daarvoor kwalifiseer.

 

Die Nasionale Uitvoerende Raad van die SAOU, die hoogste gesag tussen die driejaarlikse kongresse, het tydens ‘n vergadering gehou op 19 Maart 2026 goedgekeur dat die SAOU-ledegeld verhoog mag word ooreenkomstig die omvang van die algemene salarisaanpassing. Gevolglik sal die ledegeldverhoging met ingang van 1 April 2026, 4% beloop.

 

Die ledegeld styg met ingang van 1 April 2026 met R5.06 na R131.51. Die verhoging in 2025 was 5.5% teen R6.59 per maand.

2026/03/25

GENERAL SALARY AND SAOU MEMBERSHIP

FEE ADJUSTMENT 2026

From 1 April 2026, the general pensionable salary of all public service workers (salary levels 1 to 12), for the 2026/2027 financial year, as announced by PSCBC Collective Agreement No. 1 of 2025, with reference to paragraphs 3.1.2.1 and 3.2, will increase by a minimum of 4%.

 

This excludes the 1.5% annual salary progression, for those who qualify for it.

 

The National Executive Council of the SAOU, the highest authority between the triennial congresses, approved during its meeting held on 19 March 2026 that the SAOU membership fee may be increased in accordance with the extent of the general salary adjustment. Accordingly, the membership fee increase with effect from 1 April 2026 will be 4%.

 

The membership fee will increase by R5.06 to R131.51 with effect from 1 April 2026. The increase in 2025 was 5.5% at R6.59 per month.

by SAOU 13 March 2026
NN 05/2026 : Die Damesleierskapseminaar en Hoofdesimposium keer terug na...
by SAOU 12 March 2026
NN 05/2026: In die geval van ‘n bedanking en/of ontslag, verbeur lede die volgende byvoordele: verlofkrediet, pro-rata diensbonus, begrafnisvoordele en mediese subsidie...
by SAOU 2 March 2026
What happened in the SAOU during February 2026 ....
More posts