NN 12/2026

GRAAD R-PRAKTISYNS:
NUWE INLIGTING

Met die formalisering van Graad R as deel van die formele skoolsektor, word strenger kwalifikasie-vereistes voortaan toegepas. Die minimum kwalifikasie-vereiste om ‘n betrekking in Graad R onderrig te kry, is ‘n professionele onderwyskwalifikasie op ROKV 13-vlak nodig, wat ‘n Diploma in Graad R of ‘n B.Ed-graad in die Grondslagfase insluit.

 

Die praktiese implikasie hiervan is dat bestaande kontrakte van personeellede wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, moontlik nie hernu sal word nie.

 

Ontwikkelings gedurende die afgelope ses maande

’n Fisiese verifikasieproses is deur die RAVO onderneem ten einde die beskikbare data rakende Graad R-praktisyns te verfyn en behoorlik vas te lê.

 

Voorts onderskei die RAVO Kollektiewe Ooreenkoms 2 van 2025 tussen verskillende kategorieë van Graad R- praktisyns en -opvoeders, afhangend van hul bestaande kwalifikasies en hul bereidwilligheid of geskiktheid om verdere studies te onderneem.

2026/05/04

GRADE R PRACTITIONERS:
NEW INFORMATION

With the formalisation of Grade R as part of the formal schooling sector, the qualification requirements are more stringently applied. The minimum qualification requirement to be appointed as a Grade R educator is a professional teaching qualification evaluated at REQV 13 which must include a Diploma in Grade R Teaching or a B.Ed.-degree in the Foundation Phase.

 

The practical implications are that existing contracts of employees who do not comply with these requirements, might not be renewed.

 

Developments in the past six months

A physical verification process has been under taken by the ELRC to gather and capture relevant information on Grade R practitioners.

 

ELRC Collective Agreement 2 of 2025 distinguishes between different categories of Grade R practitioners and educators, depending on their existing qualifications as well as their willingness and eligibility to improve their qualifications.

Slotopmerking

Die verbetering van kwalifikasies behoort as ’n besondere geleentheid vir Graad R-praktisyns beskou te word. Die SAOU moedig gevolglik alle on- en ondergekwalifiseerde praktisyns, veral dié wat nog in staat en bereid is om verdere studies te onderneem, aan om van die beskikbare ontwikkelingsmoontlikhede gebruik te maak.

Closing remarks

The improvement of qualifications should be viewed as a unique opportunity for all Grade R practitioners. The SAOU therefore, would like to encourage all un and under qualified practitioners, especially those who are able and willing to engage in further studies, to utilise this opportunity for development.

by SAOU 22 April 2026
NN 11/2026: Salarisverhoging vir opvoeders wat deur die Provinsiale Onderwysdepartement of deur die Departement van Basiese Onderwys...
by SAOU 16 April 2026
NN 10/2026: Hierdie program laat lede in ‘n swakker finansiële posisie, veral diegene tussen 55 en 59 jaar wat geen...
by SAOU 2 April 2026
What happened in the SAOU during term 1 of 2024 ....
More posts