
NN 27/2025
Graad R-kollektiewe ooreenkoms
erken die waarde van
Gr R-onderwysers
Grade R collective agreement acknowledges the
value of Gr R teachers
Vandag is die dag waarop Graad R-onderwysers hulle volwaardige erkenning in die onderwysstelsel kry!
Die BELA-wetgewing wat op 24 Desember 2024 volledig in werking gestel is, het Graad R formeel deel van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel gemaak, wat die onderwysstelsel van 12 na 13 jaar verleng.
Een van die uitstaande aspekte was egter die groep Graad R-fasiliteerders wat as praktisyns opgelei is en nie die kwalifikasies gehad het om as Gr R-onderwysers aangestel te word en gelyke besoldiging as hul kollegas te ontvang nie.
Met die finalisering van Kollektiewe Ooreenkoms 2 van 2025 in die Raad vir Arbeidsverhoudinge in Onderwys (RAVO) het daar uitsluitsel gekom oor die verbetering van kwalifikasies vir hierdie onderwysers wat aan hulle die geleentheid bied om as onderwysers erken te word.
Die SAOU het homself beywer om die beste moontlike bedeling vir hierdie praktisyns te beding.
Die SAOU veg vir jou arbeidsregte!
Today is the day on which the Grade R teachers have now fully received acknowledgement in the education system!
The BELA legislation which was implemented on 24 December 2024, has formally introduced Grade R to the education system, which now extends the South African education system from 12 to 13 years.
One of the issues which was, however, not finalised was the number of Grade R facilitators who are qualified as practitioners and who did not hold the qualification to be appointed and remunerated as Grade R teachers.
With the finalisation of Collective Agreement 2 of 2025 in the Education Labour Relations Council (ELRC), the issue has finally been resolved to provide opportunity to teachers to improve their qualifications to be acknowledged as teachers.
The SAOU has endeavoured to broker the best possible deal for these practitioners.
The SAOU fights for your labour rights!





