NN 28/2026

GRIEWEPROSEDURES

Konflik in die werkplek is ‘n werklikheid en ongelukkig onvermydelik. Uitdagings soos misverstande, kultuur verskille, generasiegapings, verskillende kommunikasiestyle, bevoordeling, jaloesie, die verspreiding van gerugte, skinder en so meer, het ‘n negatiewe uitwerking op werknemers wat lei tot verlaagde produktiwiteit.

 

Wanneer ‘n werknemer in diens geneem word, ontstaan daar ‘n vertrouensverhouding tussen ‘n werknemer en ‘n werkgewer wat gekoester moet word. Albei partye tot hierdie vertrouensverhouding het bepaalde  behoeftes en verwagtinge wat in ag geneem en nagekom moet word. Onopgeloste konflik het die potensiaal om werknemers te laat voel dat daar nie aan hierdie behoeftes en verwagtinge voldoen word nie. Dit kan lei tot ‘n giftige en onbehaaglike werksomgewing waarin geen vertrouensverhouding kan voortbestaan nie.

 

Dit is dus vir die SAOU belangrik dat ons lede hul werksaamhede in ‘n gesonde en veilige werksomgewing uitvoer. Konflik is onvermydelik en daarom behoort die doeltreffende hantering daarvan ‘n prioriteit vir beide die werknemer en die werkgewer te wees.

 

Wat is die definisie van ‘n grief?

‘n Grief is klagte deur ‘n werknemer rakende onbillike of negatiewe aspekte rakende die diensverhouding. Dit kan ook ‘n beweerde skending van die klaer se regte behels.. ‘n Grief is ’n klagte deur ‘n werknemer oor onbillike of negatiewe aspekte van die diensverhouding.

 

Wat is die doel van ‘n grief?

Die doel van ‘n grief is om konflik op te los en arbeidsvrede tussen ‘n gegriefde en die werknemer teen wie die grief geregistreer is, te herstel op ‘n vinnige, objektiewe en gelyke basis.

 

Wat is die tydsraamwerk waarbinne ‘n grief geregistreer moet word?

‘n Formele geskrewe grief moet ingedien word binne 90 dae vanaf die datum waarop die gegriefde bewus geword het van die handeling of versuim wat hom of haar nadelig raak.

 

Wat behels die grieweprosedure?

  1. Mondelinge onderhoud
    'n Opregte poging moet deur die skoolhoof of toesighouer aangewend word om deur ‘n mondelinge onderhoud die verskille tussen die gegriefde en die persoon waarteen ‘n grief geregistreer is op te los voordat verskille geformaliseerde griewe word. Gedurende hierdie proses sal geen rekord van verrigtinge gehou word nie en sal dus sonder benadeling van enige van die partye se regte wees.

  2. Formele geskrewe grief
  3. Indien ‘n mondelinge onderhoud nie daarin slaag  om die grief op te los nie, is die volgende stap die indiening van ‘n formele skriftelike grief op die voorgeskrewe griewevorm G.1 in die PAM,  binne die tydperk van 90 dae..
  4. Die grief kan deur die gegriefde werknemer, skoolhoof of toesighouer, by die betrokke kantoor van die provinsiale departement van onderwys ingedien word, welke kantoor deur die betrokke hoof van 'n provinsiale departement in elke provinsie geïdentifiseer sal word.
  5. Die skoolhoof of die toesighouer moet binne drie (3) werksdae ná ontvangs van die formele skriftelike grief met die gegriefde werknemer en ander betrokkenes konsulteer in ‘n poging om die grief op te los. Tydens hierdie vergadering sal die feite voorgehou en oorweeg word en sal 'n poging aangewend word om die saak tot bevrediging van alle partye op te los. Die skoolhoof of toesighouer binne vyf (5) werksdae nadat die grief opgelos is of indien dit nie opgelos kon word nie, die uitslag aan die toepaslike kantoor van die provinsiale onderwysdepartement kommunikeer.  
  6. Indien 'n gegriefde werknemer ontevrede is met die wyse waarop die skoolhoof of toesighouer die grief hanteer het, indien die skoolhoof of toesighouer versuim het om die grief te hanteer, of indien geen besluit kan die gegriefde werknemer die saak binne vyf (5) werksdae nadat die partye nie daarin kon slaag om die grief op te los nie, direk na die streeks-/distriksvlak verwys. 'n Afskrif van die verwysing moet aan die skoolhoof of die toesighouer voorgelê word en waar van toepassing aan die vakbonde.
  7. Die skoolhoof of toesighouer sal binne vyf (5) werksdae na ontvangs van die verwysing sy of haar kommentaar tesame met alle relevante inligting oor die grief aan die streeks-/distrikskantoor aanstuur.
  8. Die hoof van die streek/distrik sal binne vyf (5) werksdae vanaf die datum van ontvangs van al die partye se verwysings, poog om die grief op te los en sy of haar besluit skriftelik aan alle partye te kommunikeer.

 

Mag ‘n gegriefde werknemer bygestaan word deur ‘n vakbondverteenwoordiger?

'n Erkende vakbond kan 'n grief namens sy lede (individueel of gesamentlik) by die skoolhoof of toesighouer registreer en sodanige lid of lede in enige stadium van hierdie grieweprosedure verteenwoordig.

 

Wat behels die volgende stap vir ‘n gegriefde wat na die afhandeling van ‘n grieweprosedure nog steeds ontevrede is?

Indien die aard van ‘n grief binne die jurisdiksie van die RAVO val, kan ‘n geskil verklaar word vir beslegting.

 

Volg beheerligaam-aanstellings dieselfde grieweprosedure?

  1. Beheerliggaam-werknemers se dienskontrakte of die griewebeleid behoort ‘n grieweprosedure in te sluit wat gegriefde werknemers moet volg:
  2. Die grief moet onder die aandag van die werkgewer gebring word.
  3. Die werkgewer moet luister na die klagtes van die gegriefde werknemer en poog om die grief by wyse van ‘n gesprekvoering binne vyf (5) dae op te los.
  4. Indien die grief nie opgelos is nie, kan die werkgewer ‘n formele ondersoek instel waartydens alle geaffekteerde partye voorleggings kan doen. 
  5. Die werkgewer moet die uitkoms van die grief aan die gegriefde werknemer en enige ander geaffekteerde party binne ‘n redelike tydperk kommunikeer.

  6. Die SAOU moedig lede aan om ons so spoedig moontlik te kontak in die geval van konflik in die werkplek sodat die toepaslike tydsraamwerke vir die indiening van griewe en die verwysing van moontlike geskille nagekom kan word. 

  7.  Lede moet ook verstaan dat konflik volgens die interne prosedures in terme van die Personeel Administratiewe Maatreëls (PAM) soos verduidelik, hanteer moet word. Hierdie prosedure moet eers uitgeput word voordat daar voortgegaan kan word met verdere formele stappe. 

  8. ‘n Gesonde werksomgewing vir opvoeders en ‘n goeie vertrouensverhouding tussen opvoeders en hul werkgewers is van uiterste belang.

 

Indien jy twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om jou provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU Regsafdeling te kontak nie.

2026/11/19

GRIEVANCE PROCEDURES ï»¿

Conflict in the workplace is a reality and, unfortunately, an inevitable part of the workplace. Challenges such as misunderstandings, cultural differences, generational gaps, diverse communication styles, favouritism, jealousy, the spreading of rumours, gossip and so on, negatively affecting employees and lead to a reduction in workplace productivity.

 

When an employee is appointed, a relationship of trust develops between the employee and the employer, which should be nurtured. Both parties in this relationship of trust have certain needs and expectations of each other that should be acknowledged and met. Unresolved conflict has the potential to make employees feel that these needs and expectations are not being met. This can create a toxic and unpleasant work environment in which no relationship of trust can be sustained.

 

It is therefore important to the SAOU that our members carry out their duties in a safe and healthy workplace. Since conflict is inevitable, its effective management should be a priority for both employees and an employer.

 

What is the definition of a grievance?

A grievance is complaint by an employee concerning unfair or negative aspects of the employment relationship. It may also involve alleged infringement of the complainant's rights.

 

What is the purpose of a grievance?

The purpose of a grievance is to restore labour peace between an aggrieved person and the employee against whom the grievance is registered on a quick, objective and equal basis.

 

What is the time frame within which a grievance must be registered?

A formal written grievance must be lodged within 90 days from the date on which the aggrieved employee becomes aware of the act or omission that adversely affects him or her.

 

What does the grievance procedure entail?

  1. Oral discussion
    A sincere effort should be made by the principal or supervisor to resolve the differences between the aggrieved and the person against whom a grievance is registered by oral discussion before differences become formalised grievances. During this process, no records will be kept of proceedings and will therefore be without prejudice to the rights of any of the parties.

  2.  Formal written grievance
  3. If the oral discussion does not resolve the grievance, the aggrieved employee should proceed by lodging a formal written grievance on the prescribed grievance form G.1 in the PAM, within the 90-day period.
  4. The grievance may be submitted by the aggrieved employee, principal or supervisor, to the relevant office of the provincial department of education, which office will be identified by the relevant head of a provincial department in each province.
  5. The principal or the supervisor shall consult with the aggrieved employee and others involved within three (3) business days of receipt of the formal written grievance in an effort to resolve the grievance. At this meeting, the facts will be presented and considered and an effort will be made to resolve the matter to the satisfaction of all parties. The principal or supervisor must communicate the outcome to the relevant office of the provincial department of education within five (5) working days of the resolution or non-resolution of a grievance.
  6. If an aggrieved employee is dissatisfied with the manner in which the principal or supervisor has handled the grievance, if the principal of supervisor has failed to address the grievance, or if no decision has been taken, the aggrieved employee may refer the matter directly to the regional/district level within five (5) working days after the parties have failed to resolve the grievance.
  7. The principal or supervisor shall forward his or her comments, together with all relevant information regarding the grievance, to the regional/district office within five (5) working days of receiving the referral.
  8. The head of the region/district shall, within five (5) business days from the date of receipt of all the parties' referrals, seek to resolve the grievance and communicate his or her decision in writing to all parties.

 

May an aggrieved employee be assisted by a union representative?

A recognised trade union may lodge a grievance on behalf of members (individually or collectively) with the principal or supervisor and represent such member or members at any stage of this grievance procedure.

 

What does the next step entail for an aggrieved who is still dissatisfied after the completion of a grievance procedure?

If the nature of a grievance falls within the jurisdiction of the ELRC, a dispute can be lodged for resolution.

 

Do governing body appointments follow the same grievance procedure?

  1. 1Governing body employees' employment contracts or grievance policy should include a grievance procedure that aggrieved employees must follow:
  2. The grievance must be brought to the attention of the employer.
  3. The employer must listen to the complaints of the aggrieved employee and attempt to resolve the grievance by way of discussion within five (5) days.
  4. If the grievance has not been resolved, the employer can institute a formal investigation during which all affected parties can make submissions.
  5. The employer must communicate the outcome of the grievance to the aggrieved employee and any other affected party within a reasonable period of time.

  6.  The SAOU encourages members to contact us as soon as possible when workplace conflict arises, to ensure that the applicable timelines for lodging grievances and referring possible disputes are observed.

  7. Members should also understand that conflict should be handled according to the internal procedures explained in the Personnel Administrative Measures (PAM). This procedure must first be exhausted before proceeding with further/more formal steps.

  8.  A healthy work environment for educators and a good trust relationship between educators and their employers are of the utmost importance.

 

If you have doubts or questions on the matter, please do not hesitate to contact your provincial SAOU office or SAOU Legal Department.

by SAOU • 5 November 2026
NN 27/2026: Lyfstraf word soos volg gedefinieer in die gewysigde Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW), “lyfstraf beteken enige...
by SAOU • 30 October 2026
Wat het tydens Oktober 2026 in die SAOU gebeur...?
More posts