
NN 12/2025
GEWYSIGDE SASW
Kwartaallikse finansiële verslagdoening
Op 16 September 2024 is die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (SASW soos gewysig) in Staatskoerant nr. 5212 gepubliseer. Alhoewel die wysigings op 24 Desember 2024 in werking getree het, het die nuutverkose Minister van Basiese Onderwys (MBO) bevestig dat die implementering van sekere bepalings in die SASW soos gewysig, ondersteun moet word deur nasionale beleide, nasionale norme en standaarde en nasionale regulasies.
Verskeie navrae word tans vanaf skoolhoofde ontvang, rakende die nuwe bepaling met betrekking tot die indiening van ‘n skool se kwartaallikse finansiëleverslae wat binne 30 dae na die einde van die kwartaal, volgens Artikel 45(3) van die SASW soos gewysig ingedien moet word.
Wat is my plig as skoolhoof?
- ‘n Skoolhoof is in terme van die Wet op Indiensneming van Opvoeders, soos gewysig, aangestel as ‘n werknemer van ‘n Provinsiale Onderwysdepartement.
- In terme van artikel 23 van SASW soos gewysig, moet die skoolhoof van ‘n openbare skool op die skoolbeheerliggaam (SBL) dien.
- ‘n Skoolhoof as lid van die SBL het dus sekere verantwoordelikhede teenoor die SBL asook sekere verantwoordelikhede teenoor die Departementshoof in terme van artikel 16A van SASW.
- Dit sal wees om in terme van artikel 16A(2)(f) die SBL in kennis te stel van hul verantwoordelikhede in terme van toepaslike beleide en wetgewing en om in terme van artikel 16A(2)(i) alle redelike stappe te neem om finansiële wanadministrasie en wanbestuur deur enige personeellid of deur die SBL te verhoed.
- ‘n Openbare skool se finansiële rekords is die eiendom van die skool volgens Artikel 37(5) van SASW soos gewysig, aangesien dit deel vorm van ‘n skool se roerende bates en word gevolglik deur die SBL beheer en bestuur.
Wat sê gewysigde artikel 43(5) van SASW?
’n Beheerliggaam moet:
a) binne 30 dae ná die einde van elke kwartaal, ’n afskrif van die kwartaalverslag oor alle inkomste en uitgawes ooreenkomstig die voorskrifte deur die Departementshoof; en
b) binne ses maande ná die einde van elke boekjaar ’n afskrif van die jaarlikse finansiële state, geouditeer of ondersoek kragtens hierdie artikel, aan die Departementshoof voorlê.
Hoe hanteer ek as skoolhoof dan die gewysigde artikel 43(5) van die SASW?
- U lig die SBL in van hulle verantwoordelikheid.
- Indien u as skoolhoof, beveel word om gewysigde artikel 43(a) eensydig na te kom, laat die amptenaar dit op skrif stel en aan die SBL rig.
- U adviseer die SBL dat daar nog geen provinsiale of nasionale voorskrifte uitgereik is deur die MBO of die Departementshoof nie en die SBL reageer dienooreenkomstig op skrif.
- U neem ook kennis dat daar tans op nasionale vlak aan voorskrifte gewerk word, wat as riglyne vir Departementshoofde gaan dien.
- Indien u twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om u provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU-Regsafdeling te kontak nie.
Dit bly belangrik dat alle rolspelers van ‘n openbare skool hul verskeie regte en verpligtinge behoorlik verstaan en reg uitvoer sodat ‘n gesonde samewerkende verhouding tussen ‘n SBL en ‘n Provinsiale Onderwysdepartement kan voortbestaan.
2025/03/25
AMENDED SASA
Quarterly financial reporting
What is my responsibility as a principal?
- A principal is appointed as an employee of a Provincial Education Department in terms of the Employment of Educators Act as amended.
- In terms of section 23 of SASA as amended, the principal of a public school must serve on the School Governing Body (SGB).
- A principal as a member of the SGB therefore has certain responsibilities towards the SGB as well as certain responsibilities towards the Head of Department in terms of section 16A of SASA.
- This will be to inform the SGB in terms of section 16A(2)(f) of their responsibilities in terms of applicable policies and legislation and to take all reasonable steps in terms of section 16A(2)(i) to prevent financial maladministration and mismanagement by any staff member or by the SGB.
- A public school's financial records are the property of the school according to Section 37(5) of SASA as amended, as they form part of a school's movable assets and are consequently controlled and managed by the SGB.
What does the amended section 43(5) of SASA say?
A governing body must submit to the Head of Department—
How do I, as a principal, deal with the amended section 43(5) of SASA?
- You inform the SGB of their responsibility.
- If you, as a principal, are ordered to unilaterally comply with amended section 43(a), have the official put it in writing and address it to the SGB.
- You advise the SGB that no provincial or national directives have yet been issued by the MBO or the Head of Department and the SGB responds accordingly in writing.
- You also note that directives are currently being worked on at the national level, which will serve as guidelines for Heads of Department.
- If you have any doubts or questions pertaining to this matter, please do not hesitate to contact your provincial SAOU office or the SAOU Legal Department.