
NN 16/2025
KAMERAS BY SKOLE
Sekuriteitskameras in publieke areas het die hedendaagse norm geword. Ons aanvaar hierdie kameras as deel van ons daaglikse lewe vir doeleindes van sekuriteit en merk dit selde op.
Sekuriteitskameras dien ʼn tweeledige doel:
- Om bedreigings teenoor die burgerlike orde te identifiseer en te voorkom; en
- Om bewyse te voorsien indien die vroeë identifikasie en voorkoming van hierdie bedreigings misluk.
Die gebruik van sekuriteitskameras word ook toenemend as ʼn addisionele veiligheidsmaatreël by skole ingespan. Kameras is uitstekende sekuriteitstoerusting vir almal in die skool, maar veral vir die opvoeder in die klaskamer. Hierdie beginsel geld egter slegs indien die toerusting korrek gebruik word.
Die SAOU ondervind ongelukkig gereeld ernstige probleme wanneer dit kom by die benutting van kameras tydens dissiplinêre stappe wat teen opvoeders ingestel word. Die probleem is dat die beeldmateriaal dikwels reeds uitgevee is teen die tyd wat die opvoeder aangekla word.
Wat hieronder volg is slegs ʼn voorgestelde proses aangesien elke skool sorgvuldig sy eie posisie en moontlike proses sal moet oorweeg. Die skoolhoof en bestuur, in noue samewerking met die beheerliggaam, moet ʼn beleid rakende die gebruik van sekuriteitskameras formuleer wat die unieke situasie by hul skool asook koshuise aanspreek.
Neem kennis dat hierdie stuk nie direk handel met die aankoop van ʼn kamerastelsel nie, maar dit is belangrik om te vermeld dat die skool se beheerliggaam finaal verantwoordelik is vir die besluit om ‘n kamerastelsel aan te koop en te installeer.
Daar is drie belangrike stappe vir die gebruik van die kameras:
- Identifisering van moontlike bedreigings en/of voorvalle. Hierdie aspek het twee dele:
- Reaksie op ʼn moontlike bedreiging of insident voor of tydens die voorval; en
- identifisering van ʼn spesifieke insident nadat die voorval plaasgevind het met die oog op die insameling van bewyse.
Die belangrikste vraag wat hier ontstaan is: Wie indien enigsins, moet die kameras monitor? Daar is ongelukkig nie ʼn vaste reël nie en elke skool sal self moet kyk na hul kapasiteit en bronne om hierdie vraag te beantwoord. Daar moet egter gelet word op die feit dat die plig om die kameras te monitor 'n veeleisende taak is wat baie tyd in beslag kan neem. Dit is dus uiters belangrik dat skole nie hierdie verantwoordelikheid vir werknemers gee wat alreeds oorlaai is met ekstra werkspligte asook ekstra kurrikulêre aktiwiteite nie.
Dikwels kan die kameras nie deurlopend deur ʼn persoon gemonitor word nie en verskuif hul funksie dus meer na die reaktiewe identifisering van insidente vir die doeleindes van die versameling van bewyse. Hier val die bewyslas op die individue teenwoordig in die klas of op terreindiens om voorvalle te identifiseer en te rapporteer. Hierdie aspek is uiters belangrik en sou ʼn insident nie gerapporteer word nie, kan die beeldmateriaal verlore gaan. Die voorgestelde reël kan dus wees om eerder belangrike beeldmateriaal vir ten minste ʼn jaar te bewaar.
'n Verdere voorstel kan wees dat almal in die skool insluitend leerders ingelig word van hul reg om voorvalle te rapporteer. Hierdie benadering bevorder deursigtigheid en moontlik ook dissipline. Die realiteit is dat mense hulle gedrag aanpas sodra hul weet dat hul dopgehou word.
Hierdie aspek moet egter noukeurig bestuur word. Daar moet gewaak word teen die misbruik van die stelsel deur kwaadwillige rapportering of om die doel van die stelsel op ʼn wyse te misbruik wat kan neerkom op die viktimisering of teistering van individue. Net soos enige ander stelsel by die skool, is die sleutel tot suksesvolle benutting van die kamerastelsel die effektiewe bestuur van die proses.
- Die tweede stap handel oor die aksies wat geneem moet word tydens en direk na die insident plaasgevind het.
Normaalweg het skole reeds aksieplanne vir noodsituasies. ʼn Soortgelyke plan/beleid kan opgestel word om toegang en berging van die beeldmateriaal te reguleer.
Sommige van die faktore wat ʼn skool in gedagte moet hou by die ontwikkeling van ʼn aksieplan:
- Die aksieplan moet nooit die situasie vererger nie;
- Die verskeie departementele prosesse wat gevolg moet word rakende die rapportering van insidente; en
- Die hoofoogmerk moet wees om die proses van onderwys en onderrig so spoedig moontlik te herstel.
- Die derde stap het te make met die opvolgaksies na ʼn insident plaasgevind het.
Die meeste kamerastelsels is relatief gebruikersvriendelik. Dit is dus nie moeilik om videogrepe te isoleer en te stoor vir latere gebruik nie. Die vraag wat wel gevra moet word is: Wie het toegang tot die beeldmateriaal en wie is verantwoordelik vir die berging van hierdie beeldmateriaal? In die verlede was daar geen wetgewing wat hierdie aspek gereguleer het nie, behalwe die algemene beginsels van die reg op privaatheid van die individu, die beskerming van die beste belang van die leerder en die arbeidsregte van die opvoeder.
Met die POPI-wet inaggenome, moet skole bedagsaam wees rakende die volgende aspekte:
- Deursigtigheid vir diegene rondom die skool. Wanneer kameras geïnstalleer word, kan bure van die skool se privaatheid moontlik geaffekteer word;
- Slegs die eiendom van die skool mag gemonitor word;
- Daar moet ʼn kennisgewing wees om individue in te lig dat hul gemonitor word. Dit is altyd goeie praktyk om ʼn goed opgestelde beleid in plek te hê wat oor sekuriteitskameras handel;
- Gebiede waar individue redelikerwys privaatheid kan verwag, mag nie gemonitor word nie. Let wel: ʼn klaskamer is nie so ʼn omgewing nie aangesien ʼn klaskamer niks anders as ʼn werkplek is nie
- Kameras in spesifieke areas in kleedkamers is toelaatbaar indien die doel van die kameras in daardie spesifieke area baie duidelik in ʼn beleid gemeld word, naamlik vir leerders se beskerming en om ʼn veilige omgewing vir leerders te vestig. Leerders moet bewus wees van waar die kameras geïnstalleer is. Opvoeders wat met die beeldmateriaal werk, moet ook ingelig wees oor die doel van die kameras;
- Die gestoorde inligting word nie vir enige ander doel gebruik as die funksies soos geïdentifiseer in die beleid nie;
- Indien beeldmateriaal opgeneem word moet dit behoorlik en sorgvuldig gestoor word, gereeld uitgevee word en nie langer as wat nodig is gestoor word nie;
- Ongemagtigde persone mag nie vrye toegang tot die beeldmateriaal hê nie. Toegang tot die stelsel moet te alle tye streng beheer word;
- Indien die stelsel inligting oor ʼn voorval vaslê, moet daardie inligting gestoor word aangesien dit gebruik kan word vir verdere ondersoeke hetsy deur die werkgewer, SARO of die SAPD;
- Lede van die personeel asook leerders moet gewaarsku word dat hulle dissiplinêr aangekla kan word indien hulle aan die kamerastelsel peuter.
'n Voorgestelde proses kan dus die volgende wees:
- Die skoolhoof is in beheer by ʼn skool en is namens die werkgewer verantwoordelik vir die veiligheid van almal wat die skoolgronde in goedere trou betree;
- Wanneer ʼn insident plaasvind kan ʼn individu wat betrokke is by die voorval die skoolhoof of sy gedelegeerde nader om na die beeldmateriaal te kyk. Sodanige individu behoort dan die skoolhoof te kan versoek om die beeldmateriaal ter sake, te stoor vir latere gebruik;
- Dit word aanbeveel om ʼn register te hou van gerapporteerde insidente asook materiaal wat geberg word om te help verseker dat insidente hanteer word en dat die materiaal in die beheer van die skool bly.
Indien jy twyfel of vrae het oor die onderwerp, moet asseblief nie huiwer om jou provinsiale SAOU-kantoor of die SAOU Regsafdeling te kontak nie.
2025/05/22
CAMERAS AT SCHOOLS
These cameras serve a dual purpose:
- To identify and prevent threats to civil order; and
- To provide evidence if the early identification and prevention of these threats fails.
There are three important steps in using the cameras:
- Reaction to a possible threat or incident before or during the incident; and
- Identification of a specific incident after the incident has taken place with the aim to gather evidence.
Some of the factors that a school should keep in mind when developing an action plan:
- The action plan should never make the situation worse;
- The various departmental processes that must be followed regarding the reporting of incidents; and
- The main aim must be to restore the process of education and teaching as soon as possible.
With consideration of the POPI act schools must be aware of the following:
- Transparency for those around the school when cameras are installed when the privacy of neighbours of the school may be affected;
- Only the property of the school may be monitored;
- There must be a notice to inform individuals that they are being monitored. It is always good practice to have a well-drafted policy in place dealing with cameras;
- Areas where individuals can reasonably expect privacy should not be monitored, note: a classroom is not such an environment as a classroom is nothing but a workplace;
- Cameras in specific areas in changing rooms are permissible if the purpose of the cameras in that specific area is very clearly stated in a policy, namely for learners' protection and to establish a safe environment for learners. Learners must be made aware of where they are;
- The stored information is not used for any other purpose than the functions as identified by the policy;
- If images are recorded, they must be stored properly and carefully, deleted regularly and not stored longer than necessary;
- Unauthorized persons may not have free access to the video footage. Access to the system must be strictly regulated at all times;
- If the system captures information about an incident, such information must be saved as it can be used for further investigations either by the employer, SACE or the SAPS;
- Members of staff and learners must be cautioned that tampering with cameras is against the rules of the school and may lead to disciplinary action.
A suggested process could therefore be the following:
- The principal is in charge at a school and is on behalf of the employer, responsible for the safety of all those who enter the school grounds in good faith;
- When an incident takes place, the individual involved in the incident can approach the principal or his delegate to look at the footage. Such an individual should then be able to request the principal to store the footage for later use;
- It is advisable to keep a register of reported incidents as well as material that is stored to help ensure that incidents are dealt with and that the material remains in the control of the school.