NN 15/2026

2026/06/09

Hiermee word lede in kennis gestel dat die SAOU sy 8ste Driejaarlikse Kongres op 24 en 25 Junie 2026 sal hou. Hierdie jaar is ook die 30ste bestaansjaar van die SAOU.

 

Ingevolge die Grondwet van die SAOU is die amptelike afgevaardigdes die lede van die Nasionale Uitvoerende Raad en die oorblywende lede van die nege Provinsiale Uitvoerende Rade.

 

Die volgende dokumentasie is op aanvraag beskikbaar:

  1. Program;
  2. Driejaarlikse kongresverslag;
  3. Geouditeerde finansiële state (sien skakel onder in nuusbrief);
  4. Mosies; en
  5. Grondwetwysigings.

 

Kontak gerus u provinsiale kantoor indien u meer inligting wil bekom:

  1. Gauteng: saougau@saou.co.za
  2. KwaZulu-Natal: saoukzn@saou.co.za
  3. Limpopo: saoulim@saou.co.za
  4. Mpumalanga: saoumpu@saou.co.za
  5. Noord-Kaap: saounk@saou.co.za
  6. Noordwes: saounw@saou.co.za
  7. Oos-Kaap: saouok@saou.co.za
  8. Vrystaat: saouvrys@saou.co.za
  9. Wes-Kaap: saouwk@saou.co.za

SAOU Audited
Financial Statements
2025/26

SAOU members are hereby notified that the audit process for the financial year 2025/26 is completed. The audited financial statements have been considered and accepted by the National Standing Committee. These statements will also be presented to delegates during the upcoming congress.

 

Please take note of the following:

  1. The audited financial statements are, as in the past, once again unqualified.
  2. The financial statement is a summarised version, but if members require access to the comprehensive audited financial statements, it can be requested from ilseb@saou.co.za.
  3. We are also pleased to report that the audited financial statements of all the legal entities that form part of the broader SAOU Group are also all unqualified.

 

Click here for the summarised version of the SAOU audited financial statements.

SAOU Geouditeerde
Finansiële State
2025/26

Hiermee kennis aan SAOU-lede dat die ouditproses vir die finansiële jaar 2025/26 afgehandel is. Die geouditeerde finansiële state is deur die Nasionale Dagbestuur oorweeg en aanvaar . Dié state word ook tydens die opkomende kongres aan afgevaardigdes voorgehou.

 

Neem asb kennis van die volgende:

  1. Die geouditeerde finansiële state is, soos in die verlede, weereens ongekwalifiseerd.
  2. Die state is ‘n opgesomde weergawe, maar indien lede insae tot die volledige stel state verlang, kan dit aangevra word by ilseb@saou.co.za.
  3. Dit is ook verblydend om te rapporteer dat die geouditeerde finansiële state van al die regsentiteite wat deel vorm van die breër SAOU-Groep, ongekwalifiseerd is.

 

Klik hier vir die opsommende weergawe van die SAOU se geouditeerde finansiële state.

Hoofdesimposium 2026

Dis tyd om in te tree, jou posisie te verbeter en daardie leierskapspiere te laat bult! Ons nooi graag alle skoolhoofde en adjunkhoofde – beide mans en vroue – om by ons aan te sluit vir die krag-geleentheid van die jaar: Die 30ste SAOU Hoofdesimposium.


Leierskap is nie net 'n titel nie; dis 'n uithouvermoësport. Hierdie jaar fokus ons op die "swaar werk" van skoolbestuur, wat jou die strategie en stamina bied wat nodig is om jou skool na oorwinning te lei.


Die SAOU Hoofdesimposium 2026 beloof om, weereens, alle verwagtinge te oortref!


Datum: 30 Augustus – 2 September 2026

Plek: Boardwalk Hotel en Konferensiesentrum, Gqeberha

Registreer hier  - daar is slegs beperkte plekke beskikbaar.

Principals' symposium 2026

It's time to step up, improve your position and flex those leadership muscles! We invite all principals and deputy principals – both male and female – to join us for this years power event: The 30th SAOU Principals Symposium.


Leadership is not just a title; it's an endurance sport. This year, we're focusing on the "heavy lifting" of school management, providing you with the strategy and stamina needed to lead your school to victory


The SAOU Principals’ Symposium 2026 promises to, once again, exceed all expectations!


Date: 30 August – 2 September 2026

Venue: Boardwalk Hotel and Conference Centre, Gqeberha

Register here  - there are only limited places available.

by SAOU 1 June 2026
2026/06/01
by SAOU 12 May 2026
NN 14/2026: Benewens die verlaging van die voorgestelde verhoging, eis georganiseerde arbeid steeds die volgende...
by SAOU 5 May 2026
2026/05/06
More posts