NN 01/2025

VERKIESING VAN SAOU-LEIERS 2025

Die huidige drie-jaar termyn van die demokraties verkose SAOU-leiers op provinsiale- en nasionale vlak verstryk gedurende Oktober 2025. SAOU-lede sal dus weer leiers moet identifiseer, formeel nomineer en later verkies vir die termyn 2025 tot 2028.

 

Wie kwalifiseer as lede en wie mag stem?

  • Die SAOU-Grondwet onderskryf die reg van elke betalende SAOU-lid om sy/haar demokratiese verantwoordelikheid deur middel van dié prosesse te kan uitvoer.
  • Identifiseer nou reeds potensiële leiers met die oog op formele nominering en om later vir sodanige persone te stem.
  • Die toekoms van die SAOU is baie belangrik en elke betalende lid word aangemoedig om hierdie geleentheid te benut.
  • Studente- en Lewenslangelede MAG NIE aan die proses deelneem nie, aangesien hulle lidmaatskap gratis is.

 

Wat behels die nominasieproses?

Neem kennis van die volgende voorlopige, dog belangrike aspekte met betrekking tot nominasies en stemming:

  • Die nominasie-proses vind elektroniese plaas.
  • Uit elke kring moet drie kringorganiseerders verkies word. Dié verkose lede vorm dan deel van die Provinsiale Uitvoerende Raad (PUR).
  • Wanneer lede dus nominasies maak, moet die vereistes van die SAOU-Grondwet in gedagte gehou word. Daarvolgens word verlang dat jonger persone, mans en dames, alle rasse, gestremdes, ook op die PUR dien.
  • Elke lid mag ’n maksimum van drie lede uit die kring nomineer as Kringorganiseerders. ‘n Aparte nominasievorm sal vir elke genomineerde voltooi moet word, met ‘n voorsteller en sekondant. Die genomineerde kandidaat sal versoek word om die nominasie amptelik te aanvaar. ’n Elektroniese  aanvaardingsvormsal aan elke genomineerde voorsien word. Die inligting daarop sal ook as CV dien.

 

Wat behels die stemproses vir lede?

  • Die stemproses vind elektronies plaas.
  • Elke lid mag vir ’n maksimum van drie lede uit sy/haar eie kring stem.
  • Die drie lede met die hoogste getal stemme sal as verkose beskou word.
  • Indien daar slegs drie lede in die kring genomineer was, sal hulle as wettig verkose beskou word.
  • Hierdie demokraties, verkose leiers sal sitting neem op die betrokke PUR en ook die Provinsiale Dagbestuur (PDB).

 

Hoe word die provinsiale Voorsitter en Ondervoorsitter verkies?

  • Die PUR verkies die Voorsitter en Ondervoorsitter by ‘n Konstitueringsvergadering onder leiding van die Provinsiale Sekretaris (PS).
  • Lede wat op PDB dien word ook tydens hierdie vergadering verkies.

 

Waarom is hierdie verkiesing so belangrik?

  • Die verkiesing van die lede van die provinsie se PUR vorm die basis waarop die demokraties verkose leiers amptelike mandate van lede ten opsigte van verskeie sake bekom.
  • Hierdie mandate bepaal die koers wat die SAOU vir die volgende drie jaar sal volg.

 

Waarvoor moet ons uitkyk?

Die volgende inligting is op ons verkiesingswebblad beskikbaar:

  • ‘n Grafiese uiteensetting van die verkiesingsproses, wat alle datums en nuusbriefkommunikasie uitbeeld, is ook op die webblad beskikbaar.
  • ‘n Video wat die verkiesingsproses bekendstel.
  • Provinsiale Verkiesingsnuusbrief 1 van 2025 op 7 Augustus 2025 sal vanuit die SAOU provinsiale kantore aan lede versend word. In hierdie nuusbrief sal meer inligting betreffende die elektroniese verkiesingsproses binne u provinsie bekend gemaak word.
  • ‘n Verkiesingswebinaar sal op 19 Augustus 2025 om 15:00 gehou word vir alle lede. ‘n Skakel is op ons webblad beskikbaar om te registreer om hierdie webinaar by te woon.

2025/08/01

ELECTION OF SAOU LEADERS 2025

The current three-year term of the democratically elected SAOU leaders at provincial and national level expires in October 2025. SAOU members will therefore have to identify leaders again, formally nominate and later elect for the term 2025 to 2028.

 

Who qualifies as members and who is allowed to vote?

  • The SAOU Constitution endorses the right of every paying SAOU member to be able to carry out his/her democratic responsibility through these processes.
  • Start identifying potential leaders with the intention to formally nominate and vote for such persons at a later stage.
  • The future of the SAOU is very important and every paying member is encouraged to take advantage of this opportunity.
  • Student- and those with Lifetime membership MAY NOT participate in the process, as their membership is free.

 

What does the nomination process entail?

Please take note of the following preliminary, yet important aspects regarding nominations and election:

  • The nomination process will be done electronically
  • Three circuit organisers must be elected from each circuit. The elected members will then form part of the Provincial Executive Council (PEC).
  • Therefore, when members make nominations, the requirements of the SAOU Constitution must be kept into account. Accordingly, it is desired that younger persons, men and women, all races, disabled persons, also serve on the PEC.
  • Each member may nominate a maximum of three members from the circuit as Circuit Organisers. A separate nomination form will need to be completed for each nominee. The nominated candidate will be requested to formally accept the nomination. An electronic acceptance form will be provided to each nominee. The information contained herein  will also serve as a Resume.

 

What does the voting process entail for members?

  • Voting is an electronic process.
  • Each member may vote for a maximum of three members from his/her own circuit.
  • The three members with the highest number of votes will be considered elected.
  • If only three members were nominated in the circuit, they would be considered legitimately elected.
  • These democratically elected leaders will serve on the relevant PEC and the Provincial Standing Committee (PSC).

 

How are the provincial Chairperson and Vice-Chairperson elected?

  • The PEC elects the Chairperson and Vice-Chairperson at a Constituent Meeting chaired by the Provincial Secretary (PS).
  • Members to serve on the PSC are also elected during this meeting.

 

Why is this election so important?

  • The election of the members of the province's PEC forms the basis on which the democratically elected leaders obtain official mandates from members in respect of various matters.
  • These mandates set the course that the SAOU will follow for the next three years.

 

What should we be on the look out for?

The following information is available on our election webpage:

  • A graphical breakdown of the election process, depicting all dates and newsletter communications, is also available on the webpage.
  • A video introducing the election process.
  • Provincial Election Newsletter 1 of 2025 on 7 August 2025, will be sent to members from the SAOU provincial offices. More information regarding the electronic election process will be released in this newsletter.
  • An election webinar will be held on 19 August 2025 at 15:00 for all members. A link is available on our webpage to register to attend this webinar.

Is u lidmaatskapinligting op

datum?

Om die SAOU in staat te stel om effektief met ons lede gedurende die verkiesing te kommunikeer, is dit belangrik om akkurate lidmaatskapinligting te hê. Om die SAOU in staat te stel om die nodige opdatering te kan doen, klik hier om u inligting deur te gee.

Is your membership information up to date?

To enable the SAOU to communicate effectively with our members during the elections, it is important to have accurate membership information. To enable the SAOU to do the necessary update, click here to submit your information.

by SAOU 30 July 2025
NN 21/2025: In National Newsletter 10 of 2025 reference was made to the Early Retirement Programme (ERP) which has been proposed for 2025. This issue is currently under consideration in both the PSCBC and the ELRC.
by Regsdienste 29 July 2025
NN 20/2025: Die kern-fokus van hierdie inligtingstuk is om te verseker dat lede verstaan wanneer die SAOU die wetlike reg het om bystand te verleen.
by SAOU 22 July 2025
Aan die Werk Kwartaal 2: Wat het tydens kwartaal 2 by die SAOU gebeur...
More posts