
PROVINSIALE UITVOERENDE RAAD VERKIESING
Wat is die rol van die Provinsiale Uitvoerende Raad binne die provinsies?
- Die Provinsiale Uitvoerende Raad is verantwoordelik vir die skep van Kringe volgens die toegelate hoeveelheid Kringe soos bepaal deur die ledetal in die provinsie.
- Bestuur en reël werksaamhede van die SAOU in u kring.
- Kommunikeer met en gee leiding aan SAOU werkplekverteenwoordigers in skole in u kring.
- Verteenwoordig die SAOU by departementele vergaderings op kringvlak.
- Hantering en/of verwysing van ledenavrae.
- Beplan die werksaamhede van die SAOU itv opleiding
Verkiesing van die Provinsiale Uitvoerende Raad
- Elke Kring in ‘n Provinsie moet 3 (drie) lede verkies wat bekend staan as Kringorganiseerders.
- Die Provinsiale Voorsitter en Ondervoorsitter sal tydens die konstitueringsvergadering van die nuutverkose PUR verkies word.
- Die Provinsiale Voorsitter en Ondervoorsitter sal nie die Kringe verteenwoordig waarin hulle verkies is nie. Hierdie twee vakatures wat ontstaan in die kringe waar hulle oorspronklik verkies is sal dan gevul word deur twee ander kandidate (gewoonlik die nr 4 en / of 5) uit dieselfde Kringe. Die Kringorganiseerder word uit die 3 kandidate per kring verkies.
Waarom is my stem belangrik?
- Die beste moontlike kandidate te verkry om hul te verteenwoordig.
- Verteenwoordiger op die PUR moet iemand met nodige kennis wees wat vertrou word om in die beste belang van die lede te handel.
Wie kan nomineer/stem?
- Enige betalende lid van die SAOU kan ‘n kandidaat nomineer
Wanneer begin die proses?
- 7 Augustus 2025: Kennisgewing / Bekendmaking van die Verkiesing
- 25 Augustus 2025: Nominasie van Kandidate (elektronies)
- 10 September 2025: Verkiesing van genomineerde Kandidate (elektronies)
- 30 September 2025: Bekendmaking van Nuut verkose PUR lede