Continuum

beskikbaar 5 Januarie 2026

Jou nalatenskap maak saak

SAOU Sterftevoordeel - Continuum

Om 'n SAOU-lid te wees, bied vir jou 'n sterftevoordeel, Continuum, wat 'n kontantvoordeel van R20 000 is wat deur die SAOU aan die lid se benoemde begunstigde of, in die afwesigheid van sodanige aanwysing, die lid se boedel betaal word. 


Hiermee hoop ons om voort te bou op die nalatenskap wat jy eendag sal agterlaat. 


Alle SAOU-lede kwalifiseer outomaties vir hierdie voordeel, mits hulle:

  • Jonger as 65 jaar is.
  • Nie agterstallig is met die betaling van hul SAOU-lidmaatskapfooie op die datum van afsterwe nie.
  • Nuwe lede is geregtig op hierdie voordeel 90 dae vanaf die datum waarop hul eerste lidmaatskapfooi deur die SAOU ontvang word.
  • Nie meer 'n student is nie.

*Geen mediese ondersoeke word vereis nie.


Hoe om my begunstigde te lys

Laai die begunstigde-nominasievorm af deur op die onderstaande skakel te klik: 

Laai Begunstigdevorm af 


Dien die voltooide begunstigdevorm in deur op die "Laai Begunstigdevorm op"-knoppie hieronder te klik. 


*Let asseblief daarop dat geen vorms per e-pos verwerk sal word nie.

Eiseproses

Die eisvorm en ondersteunende dokumentasie moet binne ses maande na die lid se dood by die SAOU ingedien word. 


Hierdie dokumente sluit in:

  • 'n Getekende eisvorm
  • 'n Polisieverslag in die geval van onnatuurlike dood
  • 'n Gesertifiseerde afskrif van die eiser se ID-dokument nie ouer as 3 maande nie
  • 'n Gesertifiseerde afskrif van die oorledene se ID-dokument
  • 'n Gesertifiseerde afskrif van die oorledene se doodsertifikaat
  • 'n Gesertifiseerde afskrif en/of die oorspronklike van die Eksekuteur se aanstellingsbrief
  • 'n Gesertifiseerde bewys van bankbesonderhede waarin die voordeel betaal moet word;
  • 'n 3 mees onlangse salarisstrokies van die oorlede lid
  • 'n Skriftelike nominasie van begunstigde deur die oorlede lid (indien enige) 

Alle dokumente moet gesertifiseerde afskrifte wees wat as ware afskrifte gesertifiseer is deur 'n Kommissaris van Ede.


Gereelde vrae


  • Kan my begunstigde jonger as 18 jaar wees?

    Nee, begunstigdes moet 18 jaar of ouer wees.

  • Kan meer as een begunstigde genomineer word?

    Nee, slegs een begunstigde mag genomineer word.

  • Wat gebeur as ek nie 'n begunstigde genomineer het nie?

    ’n Eis kan deur die eksekuteur ingedien word en die geld sal dan aan die boedel uitbetaal word.

  • Kan die geld steeds geëis word na 6 maande na die dood?

    Geld kan slegs binne ses maande na die dood geëis word. Daarna verval die voordeel en is geld nie meer betaalbaar nie.

  • Wat gebeur as ek vergeet om my begunstigdevorm op te dateer?

    Dit is u verantwoordelikheid as lid om te verseker dat u begunstigde-nominasievorm korrek en op datum is. Geld sal slegs aan die genomineerde begunstigde betaal word.