WIE IS DIE SAOU
Visie
Om die toonaangewende professionele tuiste en gesaghebbende stem in die onderwyssektor te wees.
Om hierdie visie te verwesenlik, glo die SAOU:
- In die oppergesag van gehalte-onderwys as ‘n kragtige agent van verandering in die wêreld; en dat
- Hoë kwaliteit onderwys is die onbetwiste reg van elke leerder binne ‘n gelyke, nie-rassige, nie-diskriminerende onderwysstelsel.
Missie
- Om te alle tye die professionele status van opvoeders te verbeter;
- ‘n Omvattende diensleweringsmodel vir opvoeders uit te bou; en
- Om die sosio-ekonomiese voordele van opvoeders in terme van arbeidswetgewing te verbeter.
Om hierdie missie te verwesenlik, streef die Unie na:
- Die hoogste professionalisering van alle opvoeders.
- Die deurlopende verbetering van alle aspekte van die werklewe in die onderwyssektor.
- Die SAOU is ‘n polities onafhanklike Unie gebou op die beginsel van vryheid, gelykheid en respek vir fundamentele menseregte ten einde die individuele en kollektiewe belang van sy lede te verbeter en te beskerm binne enige bestaande of toekomstige arbeidsverhoudingsbedeling en die lewering van gehalte-onderwys aan die leerders in hul sorg te verseker.
Doelwitte
Om hierdie doelwitte te bereik, streef die Unie daarna om:
- 'n Waardegedrewe leierskapmodel uit te leef wat ons identiteit, kultuuer, en geloofwaardigheid beskerm;
- Waardegedrewe aanpasbaarheid te handhaaf - trou te bly aan ons kernwaardes, terwyl ons proaktief innoveer om relevant en prominent te bly binne 'n dinamiese en veranderende onderwyslandskap;
- 'n Ingeligte datagedrewe, lidgesentreerde waardeproposisie aan te bied wat groei en lojaliteit dryf;
- Die gesaghebbende stem in die beleidsdebatte te wees en die onderwysagende te help vorm;
- Strategiese en relevante verhoudings, alliansies en netwerke te vestig om ons invloed en verteenwoordiging uit te bou en te handhaaf; en
- Konstant on interne kapasiteit, strategiese denke en data-intelligensie te ontwikkel vir beter uitvoering.
Grondbeginsels
Die SAOU boekstaaf as grondbeginsels dat:
- ‘n Hoë vlak van professionalisme vir alle opvoeders nagestreef behoort te word;
- Die verbetering van alle aspekte van die werkslewe in die onderwyssektor nagestreef moet word;
- Onderwys ten beste in die moedertaal van die leerder geskied; en
- Onderwys van hoë kwaliteit die onvervreembare reg van elke leerder is binne ‘n gelykwaardige, nie-rassige, nie-diskriminerende onderwysstelsel.
Waardes
- SAOU adviseer met Integriteit
- SAOU aanvaar Aanspreeklikheid
- SAOU strewe na Uitnemendheid
- By die SAOU hanteer ons ander met Respek
Ons handelsmerk persoonlikheid
- Betroubaar
- Toeganklik
- Professioneel
- Vriendelik
Die SAOU-lied: 'n Nuwe stem vir 'n trotse geskiedenis
In die jaar waarin die SAOU sy 30ste bestaansjaar vier, word nog 'n betekenisvolle mylpaal bereik met die bekendstelling van die organisasie se eerste amptelike lied.
Die idee van 'n SAOU-lied het ontstaan nadat verteenwoordigers van die SAOU internasionale vakbondkongresse van Education International in Bangkok (2019) en Buenos Aires (2024) bygewoon het. By hierdie geleenthede is die belangrike rol wat organisasieliedere speel in die bevordering van eenheid, trots en verbondenheid onder lede, opnuut beklemtoon. Die ervaring het aanleiding gegee tot gesprekke oor die moontlikheid van 'n eie lied wat die unieke karakter, waardes en strewe van die SAOU sou verwoord.
Met die ontwikkeling van die lied is daar doelbewus gepoog om die diversiteit van die SAOU se lidmaatskap te weerspieël. Daarom bevat die lied beide Afrikaans en Engels en bring dit verskillende taalgemeenskappe saam in een boodskap. Die doel was nie bloot om 'n seremoniële lied te skep nie, maar om 'n lied daar te stel waarmee lede hulself kan vereenselwig en waarin die kernwaardes van die organisasie gehoor
kan word.
Die lied is geskryf deur medewerkers van die Noordwes-Universiteit (NWU), aan wie die SAOU opregte waardering betuig vir hul kreatiwiteit en insig. Die komposisie weerspieël die organisasie se geskiedenis, sy Christelike waardebasis, sy diens aan onderwys en sy verbintenis tot professionele uitnemendheid.
Die refrein verwoord hierdie waardes treffend:
"SAOU het die weg gesien:
Dis krag van Bo
van die Een in wie ons glo -
en om onderwys te dien:
Dis die hoogste doel!"
Die lied is vir die eerste keer tydens die SAOU Skoolhoofdesimposium van 2025 aan lede bekendgestel. Skoolhoofde wat die simposium bygewoon het, het die geleentheid gekry om hul mening oor die lied uit te spreek en hul steun daarvoor te toon. Die positiewe ontvangs het bevestig dat die lied aanklank vind by die organisasie se lede en die waardes waarvoor die SAOU staan.
Tydens die Nasionale Kongres van Junie 2026 - 'n besondere kongres waartydens die SAOU ook sy 30-jarige bestaan vier - sal die lied amptelik aan die organisasie bekendgestel word. Hiermee word nie slegs 'n nuwe tradisie gevestig nie, maar ook 'n verdere geleentheid geskep om die trots, eenheid en verbondenheid van SAOU-lede uit te leef.
Soos die organisasie oor drie dekades gegroei het tot 'n gerespekteerde stem in die onderwys, sal die SAOU-lied voortaan dien as 'n musikale uitdrukking van die waardes, oortuigings en ideale wat die organisasie en sy lede verenig.

