• Slide title

    Write your caption here
    Button
  • Slide title

    Write your caption here
    Button

Die Nasionale Kongres dien as die SAOU se hoogste gesag. Een van die mandate van die kongres is om die strategiese fokus en prioriteite te bepaal wat die unie gedurende die volgende drie jaar moet rig.

VERSLAE EN MOSIES


SAOU-LIED


Tydens ons onlangse kongres het ons die besondere voorreg gehad om 'n nuwe en betekenisvolle mylpaal in ons organisasie se geskiedenis te vier: die amptelike bekendstelling van die SAOU-lied.


Die gedagte om 'n eie lied vir die SAOU te skep, het ontstaan tydens ons besoek aan die Education International-kongres in 2024. Daar het ons beleef hoe kragtig 'n unielied kan wees, hoe dit as 'n sterk simbool van eenheid, trots en 'n gedeelde visie dien onder onderwysorganisasies van oor die wêreld heen. Dit het die motivering gebied om 'n eie lied te ontwikkel wat die hart en waardes van die SAOU dra.


Hierdie projek is moontlik gemaak deur 'n waardevolle samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU), wat gehelp het met die samestelling van die lied. Ons is opreg dankbaar vir hul kundigheid en die wyse waarop hulle ons identiteit in musiek omgeskakel het.

Program en verrigtinge


BORGE


Baie dankie aan die onderstaande organisasies vir hul borgskappe! Dit is 'n voorreg om met hierdie organisasies saam te werk.

As borg vir die SAOU is u bydrae noodsaaklik om ons belangrike take voort te sit. Ons kan nie slaag sonder die vrygewigheid van ondersteuners soos u nie.