
Voltydse Vakbondverteenwoordiger (Professionele Beampte): Kwazulu-Natal
Vertoon meer inligtingDoel van die posisie:
Om, in oorleg met die Provinsiale Sekretaris, ’n omvattende ondersteunings- en vakbonddiens ten opsigte van al die SPA’s aan die SAOU en sy lede te lewer.
Minimum opvoedkundige kwalifikasies en werkervaring:
- Toepaslike akademiese en/of professionele kwalifikasies
- Besonder goeie kennis van arbeidsreg en onderwysreg sal voordelig wees.
Persoonlike eienskappe:
- Goeie interpersoonlike vaardighede.
- Vermoë om druk te hanteer (hou by sperdatums).
- Geloofwaardigheid, integriteit, betroubaar, aandag aan detail en netheid.
- Vermoë om as deel van ‘n span te funksioneer.
- Respekteer die privaatheidsvereistes van vertroulike inligting.
- Verantwoordelike optrede en aanvaarding van aanspreeklikheid.
- Vermoë om onafhanklik en innoverend te funksioneer.
- Vermoë om verskillende take en opdragte tegelykertyd te kan hanteer.
- Daartoe verbind wees om voortdurend toepaslike vaardighede en kennis aan te leer.
Ander posvereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet dinamies en gemaklik wees met aanbiedings en opleiding aan groepe en moet onder druk kan presteer.
- Beskik oor ‘n geldige motorbestuurslisensie en eie, betroubare vervoer vir indien dit benodig sou word om binne die provinsie te reis vir werksdoeleindes
- Bereidwilligheid om by tye uitstedig te wees.
Posbeskrywing en sleutel prestasie areas:
Besoek asb die onderstaande skakel Vertoon meer inligting vir meer besonderhede.
Aansoeke:
- Voornemende kandidate moet per e-pos aansoek doen en ‘n verkorte CV moet die volgende vermeld: kwalifikasies, huidige pos, werkgewer en ervaring.
- Die name van drie referente, met e-posadresse en selfoonnommers, wat oor die kandidaat kan getuig, moet verskaf word. Geen getuigskrifte word verlang nie.
- Applikante moet bereid wees om op eie koste vir onderhoude in Amanzimtoti aan te meld.
- Diensaanvaarding: 1 Desember 2026 soos per ooreenkoms.
- Aansoeke gemerk “Professionele Beampte: Kwazulu-Natal” moet mnr H Steenkamp per e-pos by hr@saou.co.za, nie later nie as 12:00 op Woensdag, 14 Oktober 2026 bereik nie.
- Indien u nie binne twee weke na die sperdatum van advertering gekontak word nie, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.
- Navrae: Mnr H Steenkamp: Tel. 012 436 0900

Geen beskikbare vakature

Geen beskikbare vakature

