• Afdelingshoof: Bemarking, Kommunikasie en Dienssentrum

    Doel van die posisie: 

    Om in oorleg met die Uitvoerende Beampte van SAOU ’n omvattende bemarking en kommunikasiediens aan SAOU-lede te lewer. 


    Standplaas van die posisie:

    278 Serenestraat, Garsfontein, Pretoria


    Minimum opvoedkundige kwalifikasies en toepaslike werkservaring:

    • Diploma of graad in Kommunikasie, Bemarking of relevante veld
    • Minstens 7 jaar se ervaring in bemarking en kommunikasie
    • Minstens 3 jaar se bestuurservaring
    • Bewese prestasierekord in strategiese kommunikasie en digitale bemarking
    • Grondige kennis en insig in relevante nasionale- en provinsiale onderwysbeleid en wetgewing
    • Bewese aanbiedingsvaardighede
    • Ervaring in projek- finansiële bestuur
    • Ervaring in navorsingsmetodologie
    • Vakbond – en onderwyservaring sal voordelig wees

    Bestuursvaardighede:

    • Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
    • Innoverende denke
    • Goeie probleemoplossing- en besluitnemingsvermoëns
    • Sterk beplanning- en organisasievermoëns
    • Aanvaarding van aanspreeklikheid
    • Hoë werksetiek en die hou by sperdatums

    Persoonlike eienskappe:

    • Integriteit
    • Geloofwaardigheid
    • Aanpasbaarheid
    • Betroubaarheid
    • Vermoë om werksdruk te hanteer
    • Respekteer die privaatheidsvereistes van vertroulike inligting 

     

    Posbeskrywing en sleutel prestasie areas:

    Besoek asb die onderstaande skakel "Vertoon meer inligting" vir verdere besonderhede.


    Aansoeke:

    • Voornemende kandidate moet per e-pos aansoek doen en ‘n verkorte CV moet die volgende vermeld: kwalifikasies, huidige pos, werkgewer en ervaring.
    • Die name van drie referente, met e-posadresse en selfoonnommers, wat oor die kandidaat kan getuig, moet verskaf word. Geen getuigskrifte word                   verlang nie.
    • Applikante moet bereid wees om op eie koste vir onderhoude in Pretoria aan te meld.
    • Diensaanvaarding: 1 Maart 2026
    • Aansoeke gemerk “Afdelingshoof: Bemarking, Kommunikasie en Dienssentrum” moet mnr H Steenkamp per e-pos by hr@saou.co.za, nie later nie as         12:00 op Vrydag, 19 Desember 2025 bereik nie.
    • Navrae: Mnr H Steenkamp: Tel. 012 436 0900
    Vertoon meer inligting
  • Regsadviseur: SAOU Regsdienste

    Doel van die posisie: 

    Om ’n omvattende ondersteuningsdiens te lewer aan SAOU-lede wat insluit die verteenwoordiging van lede in arbeidsregtelike geskille. Die suksesvolle kandidaat sal ook hofstukke en regsopinies moet opstel en opleiding rakende regsaspekte kan aanbied.


    Standplaas van die posisie:

    278 Serenestraat, Garsfontein, Pretoria


    Minimum opvoedkundige kwalifikasies en toepaslike werkservaring:

    • LLB of ander toepaslike regskwalifikasie
    • Minstens 3 jaar in ‘n soortgelyke hoedanigheid 
    • Bewese rekord van ‘n suksesvolle regs-georiënteerde loopbaan 
    • Bogemiddelde kennis van Arbeidsreg en Onderwysreg, sowel as Wet op Gelyke Indiensneming, en POPI/PAIA
    • Grondige kennis van relevante nasionale- en provinsiale beleidsdokumente
    • Vakbondervaring sal ’n sterk aanbeveling wees 
    • Bogemiddelde ervaring van alternatiewe dispuutbeslegtiging, insluitend mediasies, konsiliasies, arbitrasies en dissiplinêre verhore
    • Ervaring in litigasie sal ‘n sterk aanbeveling wees

    Persoonlike eienskappe:

    • Integriteit
    • Goeie kommunikasievaardighede 
    • Goeie interpersoonlike vaardighede
    • Aanpasbaarheid
    • Vermoë om werksdruk te hanteer
    • Geloofwaardigheid
    • Afhandelingsvaardigheid
    • Aandag aan detail en netheid
    • Analitiese vaardighede
    • Vermoë om as lid van ‘n span te funksioneer
    • Die vermoë om multitalige en -kulturele gehore te hanteer  

     

    Posbeskrywing en sleutel prestasie areas:

    Besoek asb die onderstaande skakel "Vertoon meer inligting" vir verdere besonderhede.


    Aansoeke:

    • Voornemende kandidate moet per e-pos aansoek doen en ‘n volledige CV moet die volgende vermeld: Kwalifikasies, huidige pos, werkgewer en ervaring
    • Die name van drie referente (met e-posadresse en selfoonnommers) wat oor die kandidaat kan getuig, moet verskaf word. Geen getuigskrifte word verlang nie
    • Applikante moet bereid wees om op eie koste vir onderhoude in Pretoria aan te meld
    • Diensaanvaarding voor of op 1 Maart 2026
    • Aansoeke gemerk “Regsadviseur” moet mnr Dems Nel per e-pos, by dems@saou.co.za teen 12:00 op Dinsdag, 13 Januarie 2026 bereik.
    • Indien u nie binne twee weke na die sperdatum van advertering gekontak word nie, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.
    • Navrae: Mnr D Nel ; Tel. 082 827 9302  

    Vertoon meer inligting
  • Geen beskikbare vakature


  • Geen beskikbare vakature