Belangrike inligting oor aftrede en bedanking
BELANGRIKE AFTREDE INLIGTING
KS Personeel
Aftrede-voordele
Dit is belangrik om te onthou dat u voordele by aftrede heelwat verskil van dié by bedanking. Ek gee hieronder vir u ‘n uiteensetting van u voordele indien u na 60-jarige ouderdom sou aftree:
- Geen penalisasie op u pensioenvoordele nie.
- ‘n Pro rata bonus (wat deur die WKOD betaal word) indien u uit diens tree voordat u u jaarlikse bonus ontvang.
- Indien u verlof krediete (“capped leave”) het, sal dit ook uitbetaal word deur die WKOD.
- Mediese subsidie (mits u reeds 15 jaar of meer in diens van die Staat was en vir die laaste 12 maande die hooflid van u mediese fonds was).
- Begrafnisdekking van R20 000 vir u en/of u eggenoot, asook R8 000 per kind.
- Verhuisingsvoordeel (die redelike werklike koste van die verpakking, vervoer, versekering en uitpak van 'n werknemer se persoonlike besittings wanneer hulle verhuis weens aftrede).
- U moet voortydig met die WKOD hieroor in verbinding tree. Maak seker u het reeds drie verskillende kwotasies bekom.
- Vind asb. die WKOD beleid oor die verhuisingsvoordeel op hul webtuiste vir die volledige terme en voorwaardes.
- Indien u jonger as 60 is, mag u kies om vroeg af te tree op/na die ouderdom van 55, maar voor die ouderdom van 60.
- Spesiale vergunning word gemaak vir diegene wat voor 01 Mei 1996 aangestel is en wat ononderbroke diens het: hulle mag aansoek doen om vroeër af te tree op/na die ouderdom van 50.
- Let daarop dat daar penalisasie van 0.33% per maand afgetrek word vir elke maand voor die ouderdom van 60, indien u voortydig aftree. Daardie berekening is reeds gedoen voordat u enige pensioenvoordele ontvang, m.a.w. u ontvang u pensioenvoordele nadat die penalisasie reeds geïmplementeer is.
Twee-Pot Stelsel
Met die verandering na die Twee-Pot Stelsel sal dit goed wees om met ‘n finansiële adviseur te gesels oor u pensioenvoordele.
Lyra Wellbeing (die WKOD se Employee Health and Wellness diensverskaffer) bied gratis finansiële advies aan WKOD werknemers.
U kan hulle gerus kontak by:
GEPF Berekeninge
Indien u definitief van plan is om uit diens te tree, stel ek voor dat u kontak maak met die GEPF om ‘n amptelike pensioenvoordele-staat aan te vra.
U kan die GEPF kontak by:
WesternCape.Enquiries@gpaa.gov.za
enquiries@gepf.co.za
U is ook welkom om die GEPF instapsentrum te besoek: Maandae tot Vrydae van 07:30 tot 16:00.
Buitengracht Centre, 4th Floor
125 Buitengracht Street
Cape Town, 8000
Die GEPF het onlangs ‘n GEPF-selfdiens en mobiele toep vir werknemers geloods – u kan toegang daartoe verkry deur die GEPF-webwerf by www.gepf.co.za te besoek, of laai dit af op Google Play of Apple App Store.
Indien u enige probleme tydens registrasie ondervind, kontak gerus
selfservicesupport@gpaa.gov.za
U kan ook ‘n beraming van u voordele op die toep besigtig; asook u begunstigde(s) besigtig en/of wysig, indien nodig.
Uitbetalings en die implikasies
Die GEPF het in die verlede aangedui dat hulle normaalweg 60-90 dae neem om pensioenvoordele uit te betaal. Neem dit asb. in berekening.
Indien u dus aftree met volle mediese voordele (soos hierbo verduidelik), sal u die nodige reëlings met u mediese fonds moet tref, om self die volle maandelikse betalings te maak tot en met u pensioengelde uitbetaal. Tussen u mediese fonds en die GEPF sal daardie maande se subsidie weer aan u terugbetaal moet word vir die tydperk wat u dit self moes betaal.
Onttrekking van u opgehoopte Behuisingsubsidie Spaarfonds (ILSF)
Indien u voorheen as huurder die behuisingsubsidie ontvang het – as opgehoopte spaargeld binne u Individu-Gekoppelde Spaarrekening (ILSF) – sal u vroegtydig moet aansoek doen om dit te onttrek wanneer u uit diens tree. Indien u dit nie doen nie, verbeur u dit teen die datum van uitdienstrede.
SARO-registrasie
Onderwysers wat uit diens tree en die onderwys verlaat, moet verkieslik kennis gee dat hulle registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) opgehef moet word. Onthou, hulle word verantwoordelik gehou vir die maandelikse lidmaatskapfooi wat aan SARO oorbetaal word.
Indien hulle dit nie doen nie en u na maande/jare sou terugkeer tot die Onderwys, sal hulle eers die uitstaande fooie moet vereffen alvorens SARO hul registrasie weer sal aktiveer.
Die volgende stappe moet gevolg word:
- Stuur ‘n formele bedankingsbrief per e-pos aan ethics@sace.org.za; en
- Heg gesertifiseerde kopieë van u ID en SARO-registrasiesertifikaat aan.
Onthou om ‘n bewys van dié e-pos waarin u SARO versoek om u te deregistreer, te hou.
SAOU lidmaatskap
Indien u graag u lidmaatskap van die SAOU wil behou nadat u die diens verlaat het, vra ons dat u asb. kontak maak met ons kantoor vir verdere bystand.
BELANGRIKE BEDANKING INLIGTING
KS Personeel
Bedanking implikasies - WKOD
Neem kennis dat bedanking en aftrede verskillende implikasies inhou, wat u voordele betref.
- U verbeur u bonus as u dit nie teen u laaste werksdag ontvang het nie. Dit word nie pro rata uitbetaal nie.
- Na u laaste werksdag, sal u nie meer kwalifiseer om die Staat se behuisingsubsidie te ontvang nie en u sal ook nie kwalifiseer om 'n lid van GEMS te bly nie.
- Bedanking word beskou as 'n onderbreking in opeenvolgende diensjare en sal moontlik u salaris beïnvloed, indien u deur die Staat heraangestel word.
- Let asseblief daarop dat 'n bedanking 'n eensydige en vrywillige handeling deur die werknemer is. Volgens gevestigde arbeidsreg beginsels en relevante regsuitspraak, kan 'n werknemer normaalweg nie hul bedanking terugtrek sonder die werkgewer se goedkeuring nie. Die werkgewer kan ook nie gedwing word om ‘n versoek dat die bedanking teruggetrek word, te aanvaar nie.
- Let asseblief verder daarop dat indien u bedank terwyl die werkgewer reeds ‘n dissiplinêre proses teen u geïnisieer het, loop u die risiko dat u uitdienstrede outomaties geag sal word asof u ontslaan is weens wangedrag.
Twee-Pot Stelsel
Met die verandering na die Twee-Pot Stelsel sal dit goed wees om met ‘n finansiële adviseur te gesels oor u pensioenvoordele.
Lyra Wellbeing (die WKOD se Employee Health and Wellness diensverskaffer) bied gratis finansiële advies aan WKOD werknemers.
U kan hulle gerus kontak by:
GEPF Berekeninge
Indien u definitief van plan is om uit diens te tree, stel ek voor dat u kontak maak met die GEPF om ‘n amptelike pensioenvoordele-staat aan te vra.
U kan die GEPF kontak by:
WesternCape.Enquiries@gpaa.gov.za
enquiries@gepf.co.za
U is ook welkom om die GEPF instapsentrum te besoek: Maandae tot Vrydae van 07:30 tot 16:00.
Buitengracht Centre, 4th Floor
125 Buitengracht Street
Cape Town, 8000
Die GEPF het onlangs ‘n GEPF-selfdiens en mobiele toep vir werknemers geloods – u kan toegang daartoe verkry deur die GEPF-webwerf by www.gepf.co.za te besoek, of laai dit af op Google Play of Apple App Store.
Indien u enige probleme tydens registrasie ondervind, kontak gerus
selfservicesupport@gpaa.gov.za
U kan ook ‘n beraming van u voordele op die toep besigtig; asook u begunstigde(s) besigtig en/of wysig, indien nodig.
Uitbetalings en die implikasies
Alhoewel die GEPF poog om uitbetalings so spoedig moontlik te doen, kan dit enigiets tussen 60-90 dae, na u laaste werksdag neem om uit te betaal.
Onttrekking van u opgehoopte Behuisingsubsidie Spaarfonds (ILSF)
Indien u voorheen as huurder die behuisingsubsidie ontvang het – as opgehoopte spaargeld binne u Individu-Gekoppelde Spaarrekening (ILSF) – sal u vroegtydig moet aansoek doen om dit te onttrek wanneer u uit diens tree. Indien u dit nie doen nie, verbeur u dit teen die datum van uitdienstrede.
SARO-registrasie
Onderwysers wat uit diens tree en die onderwys verlaat, moet verkieslik kennis gee dat hulle registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) opgehef moet word. Onthou, hulle word verantwoordelik gehou vir die maandelikse lidmaatskapfooi wat aan SARO oorbetaal word.
Indien hulle dit nie doen nie en u na maande/jare sou terugkeer tot die Onderwys, sal hulle eers die uitstaande fooie moet vereffen alvorens SARO hul registrasie weer sal aktiveer.
Die volgende stappe moet gevolg word:
- Stuur ‘n formele bedankingsbrief per e-pos aan ethics@sace.org.za; en
- Heg gesertifiseerde kopieë van u ID en SARO-registrasiesertifikaat aan.
Onthou om ‘n bewys van dié e-pos waarin u SARO versoek om u te deregistreer, te hou.
SAOU lidmaatskap
Indien u graag u lidmaatskap van die SAOU wil behou nadat u die diens verlaat het, vra ons dat u asb. kontak maak met ons kantoor vir verdere bystand.
Hierdie eksterne skakels vorm nie 'n deel van die SAOU-webblad nie.

WES-KAAP KANTOOR
ONTMOET DIE SPAN
WES-KAAP
SAS DU PLESSIS
VOORSITTER
ERNA JOUBERT
ONDERVOORSITTER
MORNÉ JANSON
PROVINSIALE SEKRETARIS
mornej@saou.co.za
RUDOLF BAARD
ASSISTENT PROVINSIALE SEKRETARIS
apswk@saou.co.za
RAYNARDT BOTHA
ASSISTENT PROVINSIALE SEKRETARIS
apswk2@saou.co.za
ILLOÏS DE GOEDE
VOLTYDSE VAKBONDVERTEENWOORDIGER
vvvwk@saou.co.za
ASHWIN MALOY
VOLTYDSE VAKBONDVERTEENWOORDIGER
vvvwk2@saou.co.za
SIAS JANSEN VAN VUUREN
PROFESSIONELE BEAMPTE
pbwk@saou.co.za
CYNDEA HAVENGA
PROFESSIONELE BEAMPTE
vvvwk4@saou.co.za
SUZETTE BADENHORST
SNR ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
saouwk@saou.co.za
TAMARA DE JAGER
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
tamaradj@saou.co.za
WES-KAAP PROVINSIALE UITVOERENDE RAAD
2026
Sas du Plessis
Erna Joubert
Reinette de Villiers
Pieter Rademeyer
Elizabeth Wepener
Hein Gunter
Cobus Louw
Danie Serfontein
Faffa Coetzee
Johanna Kotze
Henri Van den Berg
André Smith
Carl Snyman
Werner van Huyssteen
Louis Lategan
Winifred Viljoen
LW Wessels
Benjamin Deysel
Willem Du Buisson
Henco Smith
Laerskool George-Suid
Hoërskool President
Hoërskool Fairmont
Hoërskool Jan van Riebeeck
Hoërskool DF Malan
Hoërskool Dirkie Uys
Hoërskool Porterville
Laerskool Olifantsvallei
Laerskool Brackenfell
Westcliff Vaardigheidskool
Laerskool Bastion
Laerskool Park
Langenhoven Gimnasium
Laerskool Hartenbos
Laerskool Paarl Gimnasium
Hoër Meisieskool Bloemhof
Laerskool Robertson
Laerskool Swellendam
Hoër Landbouskool Oakdale
Hoërskool Langenhoven