BEGINNEROPVOEDERS

Die SAOU is ten volle bewus van die uitdagings wat Posvlak 1 Onderwysers ervaar en strewe daarna om ondersteuning aan lede te bied tydens die oorgangsjare van student na Onderwysers.


Die Fokusgroep teiken onderwysers in die eerste 3 jaar van die beroep en beoog op die groep toe te rus om Uitmuntende Onderwysers te wees. 


Gaan kyk gerus na ons webinare vir Fokusgroepe in die MSM Online hoofstuk 17.1.6 (toegang slegs vir SAOU lede)

Deur SAOU 23 September 2025
NN 25/2025: SAOU Flagship events took place in Gqeberha from 29 Aug 2025 to 3 Sep2025. The recordings and presentations are included in Chapter 16.3.2 of the Manual for School Management...
Deur SAOU 05 September 2025
Wat het tydens Augustus 2025 by die SAOU gebeur...
Deur SAOU 28 Augustus 2025
NN 24/2025: Die behuisingstoelaag vir Staatsdiens amptenare is in Julie 2025 aangepas na R1973.00 volgens die Kollektiewe Ooreenkoms (2025) aangepas...
Show More

Word deel van hierdie fokusgroep


FOKUSGROEP AANSOEK

NWU Beginneronderwyserprojek

Is jy n beginneronderwyser? Almal droom van jou eerste weke en maande in jou nuwe beroep. Maar so baie beginneronderwysers worstel in hul nuwe omgewing. Hulle voel dat die Universiteit hulle dalk akademies voorberei het, maar beslis nie emosioneel toegerus het vir die werklikhede waarmee hulle nou gekonfronteer word nie. Hulle verwagtinge is dikwels nie dieselfde as hul ervaring nie. Verder is die goeie mentoronderwysers by die skool dikwels ook die besigste onderwysers by die skool, so die beginners word ‘n paar lêers in die hand gestop en daar word net van hulle verwag om te presteer. Die druk op akademiese en buitemuurse gebied is groot. Die werklikheid is skielik so anders as wat hulle geglo het dit gaan wees en hulle voel dikwels geisoleerd en twyfel in ‘n beroepskeuse wat baie van hulle einlik as ‘n roeping beskou het.



As hierdie vir jou bekend klink, hoef jy nie alleen deur die eerste maande van skoolhou te worstel nie. Word deel van ‘n navorsingsprojek waar ‘n universiteitsdosent en ervare onderwyser aanlynmentorskap aan beginneronderwysers gaan bied. Ons gaan saam reis deur verwagtinge en ervaringe en jou toerus om beter te reageer op die uitdagings wat jy op akademiese, emosionele en administratiewe gebied ervaar. Jy is welkom om by ons aan te sluit om bemoedig te word, gementor te word, hulpbronne te deel en jou ervaringe te deel. Die projek het etiese klaring van die betrokke Universiteit en ons kan jou vra of ons van die data anoniem in navorsingsartikels mag gebruik

Registreer Hier

SAOU Online

Opleidingsmateriaal en opnames van vorige webinare

KLIK HIER

OPLEIDING/GEBEURE

Registreer vir opkomende webinare

KLIK HIER

NUUSBRIEWE

Lees die jongste nuus

KLIK HIER

Kontak Ons


Venita van Wyk

venitavw@saou.co.za