BEGINNEROPVOEDERS

Die SAOU is ten volle bewus van die uitdagings wat Posvlak 1 Onderwysers ervaar en strewe daarna om ondersteuning aan lede te bied tydens die oorgangsjare van student na Onderwysers.


Die Fokusgroep teiken onderwysers in die eerste 3 jaar van die beroep en beoog op die groep toe te rus om Uitmuntende Onderwysers te wees. 


Gaan kyk gerus na ons webinare vir Fokusgroepe in die MSM Online hoofstuk 17.1.6 (toegang slegs vir SAOU lede)

Deur SAOU 02 April 2026
What happened in the SAOU during term 1 of 2024 ....
Deur SAOU 02 April 2026
NN 09/2026: Dit het kommer laat ontstaan oor die sekuriteit en volhoubaarheid van die pensioenfonds...
Deur SAOU 25 Maart 2026
NN 08/2026: Hierdie sluit die 1.5% jaarlikse salarisprogressie uit, vir die wat daarvoor kwalifiseer...
Show More

Word deel van hierdie fokusgroep


FOKUSGROEP AANSOEK

NWU Beginneronderwyserprojek

Is jy n beginneronderwyser? Almal droom van jou eerste weke en maande in jou nuwe beroep. Maar so baie beginneronderwysers worstel in hul nuwe omgewing. Hulle voel dat die Universiteit hulle dalk akademies voorberei het, maar beslis nie emosioneel toegerus het vir die werklikhede waarmee hulle nou gekonfronteer word nie. Hulle verwagtinge is dikwels nie dieselfde as hul ervaring nie. Verder is die goeie mentoronderwysers by die skool dikwels ook die besigste onderwysers by die skool, so die beginners word ‘n paar lêers in die hand gestop en daar word net van hulle verwag om te presteer. Die druk op akademiese en buitemuurse gebied is groot. Die werklikheid is skielik so anders as wat hulle geglo het dit gaan wees en hulle voel dikwels geisoleerd en twyfel in ‘n beroepskeuse wat baie van hulle einlik as ‘n roeping beskou het.



As hierdie vir jou bekend klink, hoef jy nie alleen deur die eerste maande van skoolhou te worstel nie. Word deel van ‘n navorsingsprojek waar ‘n universiteitsdosent en ervare onderwyser aanlynmentorskap aan beginneronderwysers gaan bied. Ons gaan saam reis deur verwagtinge en ervaringe en jou toerus om beter te reageer op die uitdagings wat jy op akademiese, emosionele en administratiewe gebied ervaar. Jy is welkom om by ons aan te sluit om bemoedig te word, gementor te word, hulpbronne te deel en jou ervaringe te deel. Die projek het etiese klaring van die betrokke Universiteit en ons kan jou vra of ons van die data anoniem in navorsingsartikels mag gebruik

Registreer Hier

SAOU Online

Opleidingsmateriaal en opnames van vorige webinare

KLIK HIER

OPLEIDING/GEBEURE

Registreer vir opkomende webinare

KLIK HIER

NUUSBRIEWE

Lees die jongste nuus

KLIK HIER

Kontak Ons


Venita van Wyk

venitavw@saou.co.za