LIDMAATSKAPAANSOEKVORMS


TELEFONIESE LIDMAATSKAPAANSOEK


Voltooi die vorm en ons kontak u wanneer dit vir u geleë is. 

Contact Us

BELANGRIKE LIDMAATSKAPINLIGTING


ALGEMEEN

 

  • Die SAOU-ledegeld is R119,86 per maand en SAOU-studentelidmaatskap is gratis.
  • ‘n Wagtydperk van drie maande sal van krag wees, waarna ‘n nuwe lid geregtig sal wees op SAOU bystand in werkgewer / werknemer dispuut, bv. dissiplinêre verhore en / of arbeidsdispute. Die SAOU behou die reg voor op diskresionêre uitsonderings op dié reël. Lidmaatskapgelde moet egter drie maande opeenvolgend suksesvol verhaal kon word om geag te word as ‘n lid in goeie status met die Unie.
  • Daar word jaarliks nuwe personeel by skole aangestel, daarom is dit belangrik om daarop te let dat alle departementele personeel aan 'n vakbond moet behoort- verkieslik die SAOU! 
  • Lede is persoonlik verantwoordelik om hul lidmaatskap by hul vorige unie te kanselleer. Die SAOU mag nie namens 'n lid lidmaatskap kanselleer nie.
  • Die SAOU word nie deur werkgewers ingelig indien daar ‘n verandering in die status of werkgewerskap plaasvind nie. Daarom, is lede persoonlik verantwoordelik om die SAOU in kennis te stel van veranderinge rakende aanstellings (beheerliggaam / departementeel), verandering van skole, kontakbesonderhede, ens. 
  • Om onnodige aftrekkings te vermy, is dit baie belangrik om die SAOU onverwyld in kennis te stel as daar ‘n verandering ten opsigte van pos, skool of provinsie plaasvind. 
  • Alle lede moet die SAOU skriftelik in kennis stel wanneer hulle bedank / diens verlaat.
  • Beskerming van persoonlike inligting: Die SAOU is onderworpe aan die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI Act) en onderneem om persoonlike inligting te beskerm en dit slegs aan te wend vir doeleindes van lidmaatskap van die Unie. Die applikant magtig hiermee die SAOU om die inligting wat in hierdie aansoek verskaf is, te rekordeer, stoor en verwerk. Die applikant magtig hiermee die SAOU om die noodsaaklike administratiewe reëlings te tref ten einde lidmaatskap te implementeer.
  • Enige lid wat wil bedank, moet drie maande skriftelike kennis gee. Sodanige bedanking moet aan die Uitvoerende Beampte of die toepaslike Provinsiale Sekretaris verskaf word. 

 


DEPARTEMENTELE PERSONEEL


  • As 'n werknemer van die Staat nie by 'n vakbond aansluit nie, is die DBO verplig om programmaties 'n agentskapfooi (PSCBC) te verhaal en word dit onder alle vakbonde verdeel. 
  • Nadat nuwe lede hul aansoekvorms ingedien het, is dit uiters belangrik om die salarisstrokie te kontroleer ten einde te verseker dat die DBO lidmaatskap geïmplementeer het en dat geen agentskapsfooi (PSCBC) op die salarisstrokie verskyn nie.
  • Indien ‘n PSCBC (agentskapfooi) steeds op die salarisstrokie verskyn, word u versoek om dringend navraag te doen deur die SAOU Dienssentrum by 012 023 1333 te kontak sodat die salarisaftrekorder opnuut aan die Departement voorgelê kan word. 
  • As ‘n tydelike kontrak verval, moet ‘n nuwe aansoek om SAOU-lidmaatskap met diensaanvaarding opnuut gedoen word. 

 


BEHEERLIGGAAM / ONAFHANKLIKE SKOLE / INSTANSIES PERSONEEL

 

  • Beheerliggaampersoneel se SAOU-ledegeld word by wyse van ‘n debietorder van die lid se bankrekening verhaal. Indien die lid bedank, moet die SAOU skriftelik in kennis gestel word ten einde die debietorder te kanselleer.
  • Indien beheerliggaampersoneel ‘n departementele pos aanvaar, sal die SAOU die debietorder kanselleer sodra 'n nuwe departementele aansoekvorm ontvang is. 
Share by: