EK WIL MY LIDMAATSKAPINLIGTING OPDATEER

Verandering in aanstelling sal die voltooiing van 'n nuwe lidmaatskapvorm behels.

Voltooi die korrekte vorm, of kontak ons Dienssentrum.

OPDATER MY LIDMAATSKAPINLIGTING


BELANGRIKE LIDMAATSKAPINLIGTING


ALGEMEEN

 

  • Die SAOU-lidmaatskapfooi is R126.45 per maand en SAOU-studentelidmaatskap is gratis.
  • 'n Wagtydperk van drie maande sal van toepassing wees, waarna 'n nuwe lid geregtig sal wees op bystand in werkgewer/werknemer-geskille, bv. dissiplinêre verhore en/of arbeidsgeskille. Die SAOU sal slegs oorweeg om 'n lid in 'n geskil te verteenwoordig indien die saak ontstaan het nadat die wagtydperk verstryk het. Die SAOU behou die reg voor om diskresionêre uitsonderings op hierdie reël te maak. Lidmaatskapgelde moet egter vir drie agtereenvolgende maande verhaal wees om as 'n lid met goeie aansien by die Vakbond beskou te word.
  • Die kansellasie van vorige en huidige vakbondlidmaatskap is die verantwoordelikheid van die lid. Enige lid wat hul SAOU-lidmaatskap wil kanselleer, moet drie maande skriftelike kennisgewing aan die Uitvoerende Beampte of betrokke Provinsiale Sekretaris gee.
  • Nuwe personeel word elke jaar by skole aangestel, daarom is dit belangrik om daarop te let dat alle departementele personeel aan 'n vakbond moet behoort.
  • Lede is persoonlik verantwoordelik vir die kansellasie van hul lidmaatskap by 'n vorige/ander vakbond. Die SAOU word nie toegelaat om lidmaatskap namens 'n lid te kanselleer nie.
  • Die SAOU word nie deur werkgewers in kennis gestel indien daar 'n verandering in die status van indiensneming of werkgewer is nie. Lede is dus persoonlik verantwoordelik om die SAOU in kennis te stel van veranderinge rakende aanstellings (beheerliggaam / departementeel), verandering van skole, kontakbesonderhede, ens.
  • Om onnodige aftrekkings te vermy, is dit baie belangrik om die SAOU sonder versuim in kennis te stel indien daar 'n verandering in pos, skool of provinsie is.
  • Lede moet die SAOU skriftelik in kennis stel wanneer hulle bedank.
  • Beskerming van persoonlike inligting: Die SAOU is onderworpe aan die POPI-wet en onderneem om persoonlike inligting te beskerm en slegs sulke inligting te gebruik vir doeleindes wat verband hou met lidmaatskap van die Unie. Die aansoeker stem hiermee in dat die SAOU die inligting wat in hierdie aansoek verskaf word, opneem, stoor en verwerk en magtig hiermee die SAOU om die nodige administratiewe reëlings te tref om lidmaatskap te implementeer.
  • Enige lid wat wil bedank, moet drie maande skriftelike kennisgewing gee. Sodanige bedanking moet aan die Hoof Uitvoerende Beampte of die toepaslike Provinsiale Sekretaris voorgelê word.

 


DEPARTEMENTELE AANSTELLINGS

  • Indien 'n werknemer van die Staat nie by 'n vakbond aansluit nie, is die DBO verplig om programmaties 'n agentskapsfooi (PSCBC) af te trek en dit word onder alle vakbonde versprei.
  • Nadat nuwe lede 'n aansoekvorm ingedien het, is dit uiters belangrik om die salarisstrokie na te gaan om te verseker dat die DBO Vakbondlidmaatskap geïmplementeer het en dat geen agentskapsfooi (PSCBC) op die salarisstrokie weerspieël word nie.
  • Indien 'n agentskapsfooi (PSCBC) steeds op die salarisstrokie verskyn, word u versoek om dringend navraag te doen deur die SAOU Dienssentrum by 012 023 1333 te kontak om die versoek vir die aftrekkingsbevel weer by die Departement in te dien.
  • Indien 'n tydelike kontrak verstryk, met diensaanvaarding, moet 'n nuwe aansoek vir SAOU-lidmaatskap opnuut ingedien word.

 


AANSTELINGS DEUR BEHEERLIGGAAM / ONAFHANKLIKE SKOLE / INSTELLINGS

  • Die SAOU-lidmaatskapfooie van beheerliggaampersoneel word deur middel van 'n debietorder van die lid se bankrekening afgetrek. Indien die lid bedank, moet die SAOU skriftelik in kennis gestel word om die debietorder te kanselleer.
  • Indien beheerliggaampersoneel 'n departementele pos aanvaar, sal die SAOU die debietorder kanselleer sodra 'n nuwe departementele aansoekvorm ontvang is.