• Skyfietitel

    Write your caption here
    Knoppie

'n Boodskap van ons leierskap

Ons verwelkom u graag as nuwe lid van die SAOU! 



Die SAOU is ‘n aktiewe vakbond en u sal van die Provinsiale Sekretaris, die Voltydse Vakbondverteenwoordiger en die SAOU se verteenwoordiger in u skool op ʼn gereelde grondslag verneem.


Die SAOU bied u verskeie voordele. Een daarvan is ʼn gesofistikeerde en toegespitste opleidingsprogram, wat u kennis en vaardighede om in die klaskamer te presteer beduidend sal help versterk. Hierdie programme wat grotendeels deur middel van virtuele-platforms aangebied word, staan duisende lede elke maand met hulle professionele ontwikkeling by. Die SAOU Online is die eerste in sy soort. Nie net is dit ‘n volledige bron van opnames van SAOU-webinare nie, maar bevat dit alle moontlike dokumente om u daaglikse take in die klaskamer te vergemaklik. SAOU is die eerste vakbond wat dienslewering na hierdie vlak kon neem – gratis beskikbaar aan alle SAOU-lede.


Toe u op ʼn vakbond besluit het, het u ʼn keuse gehad. Ons is bly dat die SAOU u keuse is. Ons ervaring is dat SAOU-lede toenemend ‘n gesindheid toon van GEE, EERDER AS NEEM. En dít, kollegas, maak ons SAOU-harte warm. 


Welkom by ons familie! 


SAOU Dienste


Verken ons reeks professionele dienste wat op u behoeftes afgestem is

SAOU Online

Onderwyshulpbronne vir die onderwysberoep. Alle SAOU-webinare en ondersteuningsmateriaal is eksklusief op SAOU Online beskikbaar.

Meer inligting

SAOU Help!

SAOU Help bied 'n holistiese ondersteuningstelsel wat 'n 24/7 Emosionele Ondersteuningslyn, poduitsendings, video's en ander hulpbronne insluit.

Meer inligting

Opleiding & Gebeure

Verken ons komende opleidingsessies en geleenthede - besoek die kalender en registreer vandag!

Meer inligting

Dienssentrum

Kundige en toeganklike ondersteuning met navrae oor diensvoordele en pensioenberaminge – net 'n oproep of WhatsApp-boodskap weg.

Meer inligting

Fokusgroepe

Ons fokusgroepe bied 'n diepgaande ondersoek na die sistemiese uitdagings.

Meer inligting

Continuum

Om 'n SAOU-lid te wees, bied jou 'n sterftevoordeel, Continuum, wat 'n kontantvoordeel van R20 000 is.

Meer inligting
  • Skyfietitel

    Write your caption here
    Knoppie

Bly ingeskakel


Bly ingeskakel. Bly ingelig.

Laai die SAOU-Toep vandag af!

Die amptelike SAOU-Toep:

Ontwerp om jou te ondersteun, waar jy ook al is.

Laai af

Provinsies


Ander Dienste


As SAOU-lid kan jy bykomende voordele geniet

TO Strand

Afslag vir bekostigbare vakansies

Meer inligting

Dwarswegstrandoord

Afslag vir bekostigbare vakansies

Meer inligting

Finland

Toegang tot gunstiger rentekoerse

Meer inligting