VELDTOGTE WAT 'N VERSKIL MAAK
Ons veldtogte word gedryf deur sorg, deernis en gemeenskap. Hier vind u huidige en vorige inisiatiewe wat ondersteuning mobiliseer, bewustheid verhoog en verbindings bou regoor ons onderwysgemeenskap – een saak op 'n slag.
Waarom veldtogte saak maak
Deur doelgerigte veldtogte staan ons saam om gemeenskappe te ondersteun, welsyn te bevorder en ons waardes prakties uit te leef. Elke veldtog bied lede, skole en vennote ’n betekenisvolle manier om betrokke te raak – hetsy deur donasies,
bewustheidswerk of direkte deelname.
Huidige Veldtog: Omgee-maand 2025
Ondersteun The Potato Foundation | Julie 2025
Omgee-maand is ons jaarlikse maand van gee – 'n kans vir opvoeders, skole en ondersteuners om tasbare sorg te toon vir diegene in nood. Hierdie jaar is ons trots om saam met The Potato Foundation te werk en hoop te bring aan kinders in kwesbare gemeenskappe.
About Omgee-maand
Omgee-maand, wat as 'n inisiatief bekendgestel is om sosiale verantwoordelikheid en deernis in die onderwyssektor te bevorder, nooi deelnemers uit om vrygewig en doelbewus op te tree. Van skenkingsveldtogte tot diensdade, is dit 'n kollektiewe herinnering aan die krag van empatie in aksie.
Ons 2025-veldtogdoelwitte
- Om die SAOU se voortgesette verbintenis tot sosiale verantwoordelikheid te demonstreer
- Om (skool)skoene aan behoeftige kinders te verskaf, wat toegang tot onderrig verbeter
- Om lede-deelname regoor die land op 'n maklike, betekenisvolle manier moontlik te maak
Hoe om betrokke te raak
Of jy nou 'n individu, skool of organisasie is – jou ondersteuning maak saak. Hier is hoe jy kan deelneem:
- Bewustheid: Deel veldtog stories en 'content' op sosiale media.
- Direkte skenkings: Slegs R35 gee 'n kind 'n splinternuwe paar skoolskoene. Gebruik die bankbesonderhede hieronder om 'n eenmalige skenking te maak, of besoek ons Nasionale Kantoor in Garsfontein om jou tweedehandse skoene (van enige aard) te skenk.
Die Aartappelstigting se bankbesonderhede
Bank: Standaard Bank
Tak: Menlyn
Takkode: 012 345
Rekeningnommer: 420234616
Rekening tipe: Besigheidsrekening
Rekeningnaam: The Potato Foundation
Verwysing: SAOU Be Proud
Swift-kode: SBZAZAJJ
Sluit aan by die beweging
Elke veldtog vertel 'n storie van mense wat saamkom om op te hef, te ondersteun en te sorg.
Dankie dat jy deel was van daardie storie.